Kom Dien Saam in ons strewe na die Goeie Lewe!

Maak 'n verskil

FGK has a number of venues for hire

Corporate events, training, conferencing, small events, weddings, memorial services etc.

FGK Linktree

Kliek gerus op die skakel hier onder vir al die belangrikste datums, gebeure en besonderhede van FGK.
https://linktr.ee/fontainebleaugemeenskapskerk
Kerkkantoor:
074 682 4636
office@fgk.co.za
Kerkkantoorure: 09:00 - 13:00
WhatsApp: Kliek hier om 'n boodskapop WhatsApp te stuur

Adres:
H/v 4de Laan Noord en Rabie Straat, Fontainebleau

Dienstye:
Eredienste - 09:00
KIDSkerk - 09:00 (gedurende kwartaal)
Jeugdiens - 17:30 (gedurende kwartaal)
Kapeldienste op Woensdae -13:00 (gedurende kwartaal)

Bankbesonderhede:
Naam: Fontainebleau Gemeenskapskerk
Bank: Absa
Tipe: Tjek
Rek nr: 170580109
Tak: 632005

Kontak ons







Ontmoet ons Personeelspan

Jaco de Witt

Leraar & Spanleier
Jaco is getroud met Michelle. Hulle het 'n nuwe baba dogtertjie Mikah en twee honde wat soos hulle lyk. Hy glo dat daar niks so goed is, soos 'n heerlike ete saam goeie vriende en vreemdelinge nie.  

Schalk van Heerden

Tom Smith

Diensleraar & Betereinders
Preekspan
Schalk is getroud aan Marlé, is pa vir Schalk nommer 6 en klein Christiaan. Hy het 'n passie vir en het verder gestudeer in ontwikkeling studies.
Tom Smith is getroud met Lollie. Saam met hulle kinders Tayla en Liam leer hulle wat dit beteken om as dissipels van Jesus, in die avonture van die koninkryk te leef.
Tom werk voltyds vir die Kuratorium as hoof van Voortgesette Bedienings opleiding (VBO) en is gekoppel aan FGK as prediker en dien op ons Gemeenteraad. 

Corinne Botha

Voor- en Laerskool Jeug
Corinne raak vreeslik opgewonde oor die klein dingetjies in die lewe. Sy is lief vir avonture en moet elke nou en dan iets nuuts hê om te probeer. Sy het 'n groot liefde vir mense en soetgoed en het altyd tyd vir 'n geselsie of grappie.

Raynhard van Staden

Hoërskool Jeug
Raynhard is getroud met Marzaan.  Raynhard het 'n passie vir tieners.  Hy was vir sy hele lewe al betrokke in kerk en musiekbedienings.  Hy was vir 11 jaar 'n voltydse musiekonderwyser.
Raynhard is stout vir 'n stukkie braaivleis, bosveld, en hou miskien 'n bietjie te veel daarvan om kaalvoet rond te loop.

Jean Pelser

Kantoor administreerder
Jean is die Administrateur van die FGK-kerkantoor en is verantwoordelik vir verhurings en kerkkantoor-administrasie. Hy is getroud met Liezel. Jean het 'n passie vir geestesgesondheid, narratiewe terapie en roei graag by die gym.

Marlé van Heerden

Musiek & Aanbiddingsleier
Marlé glo dat musiek deel van haar roeping is en het ‘n groot passie daarvoor. Sy is ‘n ‘drummer’ maar geniet sang en aanbidding net so baie. Sy ry ook motorfiets en kan nie wag dat haar 2 bulletjies, Schalkie en Christiaan saam met haar en pappa Schalk op avonture kan gaan nie.

Jan Sia

Koster
Jan is koster by ons kampus en ook betrokke by die gemeente se Noodfonds. Hy is getroud aan Mina en het 3 kinders.