7 Praktiese wenke hoe om na jou geestesgesondheid om te sien
Geestesgesondheid gaan oor die manier waarop jy dink en wat jy voel omtrent jou vermoë om die ‘op’ en die ‘af’ van die lewe te hanteer.
Goeie geestesgesondheid stel ons in staat om nie net te oorleef nie maar om te floreer en sterk te wees wat die uitdagings van die lewe betref.
Geestesgesondheid en goeie emosionele welstand gaan hand-in-hand.
Ons almal hanteer en ervaar die uitdagings wat die lewe na ons kant toe bring anders.
Sommige van ons vat langer om terug te spring na teenspoed of ’n persoonlike uitdaging.
Nietemin, is dit uiters belangrik om na ons eie geestesgesondheid om te sien.
Hier is ’n paar praktiese wenke hoe ons na ons geestesgesondheid kan omsien:
- Praat oor hoe jy voel. Moenie al jou gedagtes en gevoellens binne hou nie. Gesels met ’n vertroueling en deel jou emosionele ervaring. Dikwels kan so ’n gesprek ons beter en ligter laat voel.
- Bly aktief. Beweeg gereeld en kry ’n bietjie oefening indien moontlik. Oefening bevorder geestesgesondheid en is goed vir ons gemoed.
- Eet gesond en gereeld. Goeie eetgewoontes en om genoeg water te drink help om goeie geestesgesondheid te handhaaf.
- Maak kontak met vriende en familie. Ons vriende en familie kan ons geliefd laat voel en ons herinner dat ons aan ’n groter gemeenskap behoort. Dis goed vir die siel.
- Reik uit en vra na hulp wanneer jy voel of jy oorweldig word deur ’n uitdaging. Gesels met vriende en familie of kontak die gemeente per WhatsApp op 074 149 9507 indien jy ’n pastorale gesprek benodig.
- Doen iets waarin jy goed is en geniet. Om betrokke te bly met iets waarin ons goed is en wat ons geniet kan positiewe emosie binne ons opwek
- Reik uit na andere. Om iets vir iemand anders te doen of te beteken kan baie goed wees vir ons eie geestesgesondheid en dit kan ons meer sin in die lewe laat ervaar.
Ons hoop hierdie wenke sal tot nut wees.