Gebedsmateriaal : Advent (Desember 2020)

Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir Advent bekend te stel. Ons vier hierdie seisoen saam met die kerk wêreldwyd. Die mense by die Dwell App het ‘n wonderlike gebedshandleiding saamgestel wat deur gemeentes regoor die wêreld gebruik word.

Hierdie materiaal is in Engels en in Afrikaans beskikbaar.

Kliek op die skakels om dit af te laai:

Afrikaanse weergawe

Engelse weergawe

LIEFDE SE LIG

 Advent is ‘n reis, en soos elke reis wat die moeite werd is om te onderneem, word dit die beste saam met vriende geneem. In hierdie seisoen onthou ons dat ons Here gekom het om die wêreld met homself te versoen (2 Kor. 5:19). Ons reis nie in isolasie nie, maar as die familie van God, gevul met hoop en afwagting. Alhoewel baie van hierdie gids ontwerp is vir persoonlike gebruik, is dit goed om te onthou dat jy saam met broers en susters in Christus is – mense met soortgelyke twyfel en uitdagings, maar tog dieselfde vertroue het in die goedheid en barmhartigheid van God wat ten toon gestel is in die menswording van Christus.

Die meeste kenners glo dat jy binne slegs 21 dae ‘n blywende gewoonte kan vorm. Alhoewel hierdie adventsgids ‘n reis van 27 dae is met ‘n gedefinieerde begin- en eindstreep, is dit bedoel om blywende roetines en lewenspatrone te vorm wat voortduur lank nadat die seisoen eindig. Om hierdie rede kan jy heelwat herhaling verwag in die volgende bladsye. Ons lees dieselfde of soortgelyke Skrifgedeeltes etlike dae na mekaar. Ons ontvang elke dag klassieke wysheid van mans en vroue wat ons vooruitgegaan het. Ons herhaal dieselfde gebede en besin oor soortgelyke temas, en die daaglikse praktyke wat aanbeveel word bou op mekaar en is nou verwant aan mekaar. Al hierdie dinge is opsetlik, en ons word uitgenooi om rustig te raak en die werk van God in ons lewens raak te sien en nuwe en blywende gewoontes te smee wat ons al hoe nader aan Hom sal bring.

In die komende weke sal baie min eksterne dinge in jou lewe jou aanspoor om aandagtig te rus in die teenwoordigheid van God. Ons word eerder aangemoedig om angstig van die een partytjie na die volgende te jaag, van op die nippertjie-inkopies tot gesinsbyeenkomste. As ons nie intensioneel is oor ons tyd saam met God nie, is dit presies wat sal gebeur. Mag ons egter, te midde van al die feestelikheid, tydens Advent leer om bloot by Christus te woon, God met ons.

 

 

 

 

 

Nuusbrief – 28 Februarie

Nuusbrief – 28 Februarie

Geliefdes Ons is in die eerste week van Lydenstyd en met Covid-19 nog in ons midde is ons almal steeds in die woestyn. In sy aangrypende boek The Solace of fierce landscapes vertel Belden Lane die volgende storie: A bedouin story from the Sinai peninsula underscores...

read more
WhatsApp nommer van die gemeente

WhatsApp nommer van die gemeente

Die Gemeente WhatsApp nommer het verander na ‭0746824636‬ Stoor asseblief die nuwe nommer in u telefoonkontaklys. Erediensskakels en belangrike afkondigings word op ons WhatsApp groepe aangestuur. Hierdie groepe word slegs vir eenrigtingkommunikasie vanaf die...

read more
Rus

Rus

Gebedsmateriaal : Rus (Desember 2020 en Januarie 2021) Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir die oorgang en begin van 2021 bekend te stel. Hierdie materiaal is in Engels en in Afrikaans beskikbaar. Kliek op die skakels om dit af te laai: Afrikaanse weergawe...

read more
Vakature: Jeugwerker

Vakature: Jeugwerker

Vakante pos: Jeugwerker Fontainebleau Gemeenskapskerk se Gemeenteraad het op die 18de November 2020 ‘n 1 Jaar kontrakpos vir ‘n jeugwerker goedgekeur. Termyn: 15 Januarie 2021 – 31 Desember 2021  Persoonlike profiel Iemand met ‘n liefde vir tieners ‘n Spanspeler met...

read more
Desember dienstye en reëlings

Desember dienstye en reëlings

Ons is tans in die seisoen van Advent. Advent bestaan uit die 4 Sondae voor Kersdag en word al van die 4de eeu gebruik as ‘n seisoen vir voorbereiding vir die Kersfeesvieringe. Van Sondag die 13de Desember tot 10 Januarie gaan ons dienste slegs aanlyn aangebied word....

read more
Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?   Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In 'n onlangse preek en Bybelstudie...

read more
Gemeenteraad kenmerke

Gemeenteraad kenmerke

Wat is die eienskappe van 'n Gemeenteraadslid? Wat is die kenmerke van iemand wat op die Gemeenteraad dien? Hier is ‘n kombinasie van Bybeltekste en formuliere van die NG Kerk wat kan help om iemand te nomineer en ook gebruik kan word deur die huidige lede om hulself...

read more
(Hoe) Kan ek verander?

(Hoe) Kan ek verander?

Verandering is 'n proses In 'n bekende Bob Newhart video kom vra 'n persoon hulp oor 'n vrees wat sy het. Hier is die snaakse video daaroor. Stop it! Hoeveel keer het jy al vir jouself gesê, "Ek gaan net...

read more
Share This