Almero Welgemoed – Jesus in die bad

Behoort, Besin, Covid-19, Nuus

Tydens ons segment, “Ons is FGK” het Almero Welgemoed die lied “Jesus in die bad” gesing. Die lied is verfilm in ons erediensspasie. Dit sluit mooi aan by die preek wat oor Eksodus 16 gehandel het (Jy kan die preek hier kyk).

 

Hier is ‘n video van die lied. Die lirieke is onder aan die video.

 

 

Daar’s ‘n foto teen jou kamermuur
Dis Jesus in ‘n bad
En ek wonder of Hy weet dat ek Hom orals sien
Selfs in die hoofstraat van Potchefstroom
Onder die straatlig is ‘n oom
Dis God wat ‘n peer eet
Dis ek en ‘n lemoen
Dis Jesus onder kartonlaken
En ek wat niks doen
Ek is verward meeste van die tyd
En niemand weet
Niemand weet
(Niemand weet)
Wat om te doen
So vra die oom op die straat
Met peer nog in sy baard
Vra die kindjie wat so vloek
Van die winkel op die hoek
Dis God wat so bedel
En ons wat so kla
Dis Jesus wat so soebat
‘n Koning wat moet vra
Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?   Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In 'n onlangse preek en Bybelstudie...

read more
Gemeenteraad kenmerke

Gemeenteraad kenmerke

Wat is die eienskappe van 'n Gemeenteraadslid? Wat is die kenmerke van iemand wat op die Gemeenteraad dien? Hier is ‘n kombinasie van Bybeltekste en formuliere van die NG Kerk wat kan help om iemand te nomineer en ook gebruik kan word deur die huidige lede om hulself...

read more
(Hoe) Kan ek verander?

(Hoe) Kan ek verander?

Verandering is 'n proses In 'n bekende Bob Newhart video kom vra 'n persoon hulp oor 'n vrees wat sy het. Hier is die snaakse video daaroor. Stop it! Hoeveel keer het jy al vir jouself gesê, "Ek gaan net...

read more
Beperkte inperking

Beperkte inperking

Beperkte Inperking Gemeentelede sal bly wees om te verneem dat FGK ’n Covid-19 Taakspan gestig het wat sake op ons perseel met oordeel bestuur. Sommige van ons huurders en gevolglik ons personeel is weer op die perseel. Gemeentelede moet asseblief nie kuier of kom...

read more
Toegangsroetes tot Veerkragtigheid (resilience)

Toegangsroetes tot Veerkragtigheid (resilience)

Dis warm, dis ongemaklik, dis seer. Daar’s vonke, vuur en ’n gedurige gekap: die oorverdowende geraas van staal op staal. Ons word eers in ’n vuur gloeiend warm gemaak en dan weer in yskoue water gedompel; daar’s ’n gesuis van stoom. Maar met elke warm-en-koudmaak...

read more
Trauma en hoe om daar vir mekaar te wees

Trauma en hoe om daar vir mekaar te wees

In hierdie tyd gesels die Sielkundige Lollie Smith oor ons ervarings in Covid-19. Sy bespreek dat ons tans almal deur trauma gaan en dat dit ons gedrag wat sy as goggas beskryf na vore laat kom. Sy help ons ook om te dink hoe ons vir mekaar goed kan wees in hierdie...

read more
Share This