Behoort

As wêreldwye gemeenskap word ons tans in die gesig gestaar deur die Covid-19 krisis en wat dit beteken om “social distancing” te beoefen. As geloofsgemeenskap beteken dit dat ons Behoort op hierdie stadium virtueel plaasvind. Fisiese afstand, is moeilik, maar dit beteken gelukkig nie dat ons nie met mekaar kan kommunikeer nie!
Ons eredienste word weekliks uitgesaai en ons kleingroepe ontmoet ook via tegnologie. Ons het selfs na afloop van die erediens virtuele tee en koffie drink en gesels. Om só met mekaar te leer gesels is omtrent ‘n uitdaging – teen die tyd is daar al ‘n hele paar artikels oor “Zoom fatigue” gepubliseer. Ons het ook onlangs ‘n paar riglyne vir Zoom gesprekke ontwikkel wat jy gerus kan lees en dalk ook jou bydraes kan lewer.