Beperkte inperking

Beweeg, Covid-19

Beperkte Inperking

Gemeentelede sal bly wees om te verneem dat FGK ’n Covid-19 Taakspan gestig het wat sake op ons perseel met oordeel bestuur.
Sommige van ons huurders en gevolglik ons personeel is weer op die perseel. Gemeentelede moet asseblief nie kuier of kom groet nie. Enige persoon wat die perseel wel moet betree sal vooraf moet registreer. Om toegang te verkry volg die volgende stappe:
  • Let wel dat alle kerkkantoor besoeke slegs per afspraak sal geskied. Kontak office@fgk.co.za of die gemeente se WhatsApp nommer om meer inligting te verkry.
  • Alle besoekers is verplig om ‘n masker te dra en hul temperatuur te laat meet by die hek.
  • Alle besoekers moet ook eers vir ‘n persoonlike QR kode registreer en die QR kode aflaai of ‘print’ en saambring om by die hek te wys vir toegang.

Stappe om jou QR kode te kry:

Besoek www.coviid.me

a) ‘Generate my COVI-ID’ b) ‘Create my Covi-ID’

Laai QR kode af op slimfoon / tablet of print en bring dit saam wanneer jy kom besoek.

 

 

 

Binne hierdie konteks, kan ons ook dan aankondig dat Bring & Gee (B&G) skenkings op Sondae tussen 11:00 en 12:00 ontvang sal word, asook koeverte met kontant kollekte.
– Vir B&G donasies (of ‘BeweegBokse), ry in, stop op ’n parkering weg van ander persone en laai die donasie net daar af, vertrek weer. Die personeel sal 12:00 alles in dra.
– Vir kontant in koeverte, sal daar ’n ‘drive through’ boksie wees, waar die bestuurder, sonder om uit te klim, die koevert kan ingooi. Ons personeel sal die kontant dadelik bewaar.
Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?   Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In 'n onlangse preek en Bybelstudie...

read more
Gemeenteraad kenmerke

Gemeenteraad kenmerke

Wat is die eienskappe van 'n Gemeenteraadslid? Wat is die kenmerke van iemand wat op die Gemeenteraad dien? Hier is ‘n kombinasie van Bybeltekste en formuliere van die NG Kerk wat kan help om iemand te nomineer en ook gebruik kan word deur die huidige lede om hulself...

read more
(Hoe) Kan ek verander?

(Hoe) Kan ek verander?

Verandering is 'n proses In 'n bekende Bob Newhart video kom vra 'n persoon hulp oor 'n vrees wat sy het. Hier is die snaakse video daaroor. Stop it! Hoeveel keer het jy al vir jouself gesê, "Ek gaan net...

read more
Toegangsroetes tot Veerkragtigheid (resilience)

Toegangsroetes tot Veerkragtigheid (resilience)

Dis warm, dis ongemaklik, dis seer. Daar’s vonke, vuur en ’n gedurige gekap: die oorverdowende geraas van staal op staal. Ons word eers in ’n vuur gloeiend warm gemaak en dan weer in yskoue water gedompel; daar’s ’n gesuis van stoom. Maar met elke warm-en-koudmaak...

read more
Trauma en hoe om daar vir mekaar te wees

Trauma en hoe om daar vir mekaar te wees

In hierdie tyd gesels die Sielkundige Lollie Smith oor ons ervarings in Covid-19. Sy bespreek dat ons tans almal deur trauma gaan en dat dit ons gedrag wat sy as goggas beskryf na vore laat kom. Sy help ons ook om te dink hoe ons vir mekaar goed kan wees in hierdie...

read more
Share This