Beweeg

Watter lewens maak saak?

Die #Blacklivesmatter maak op die oomblik baie gesprekke in Suid-Afrika los. Ons het vir die gemeente gevra om hulle vrae hieroor aan te stuur sodat ons saam kon gesels hieroor. Om die video te kyk kliek leer.
FGK fokus op drie elemente van beweeg, drie areas waardeur ons wys ons bestaan nie bloot vir onsself nie.
- FGK gebruik die tien stappe van Betereinders en ondersteun BE as beweging.
- Ons Beweeg in ons onmiddelike gemeenskap (omgewing), dit sluit lidmaatsorg in. Ons maak gebruik van ‘n noodfonds hiervoor. Kliek hier vir aansoeke.
- As lid van die liggaam van Christus en ook van die NG Kerk, beweeg ons in samewerking en tot voordeel van die wyer kerk en ook die NGK in besonder. ’n Groot deel van ons Ring- en Sinodebydraes gaan nie net om arm gemeentes te help nie, maar direk na gemeenskapswerk toe, bv Abraham Kriel Bambanani en Tutela.
Dit is belangrik om te onthou dat die gemeente-as-organisasie sekere dinge doen om ‘n voorbeeld te stel, maar elke lidmaat kan en moet ‘beweeg’ daar waar hulle geplant is! Ons is opgewonde oor die toerusting wat ons vir lidmate gaan gee.
Tien stappe
Staan Saam
Witwerk: Maak Plek vir Taxis, #Blacklivesmatter
Real Talk: Swart en Wit saampraat
Braai saam: Kwartaalikse township braai
Een-tot-een verhoudings: ZebraX
Taakspanne: Afwagtend
Werk Saam
Die met geld gee geld: Bring en Gee (B&G)
Omgee vir weerloses: Martha Straat 90 (MS90) | Brughuis
Vaardighede: Vision in Action (VIA)
Kleinbesighede: The Bridge koffiewinkel
Boerdery: Isivuno

