Depressie – tekens om voor uit te kyk

Besin, Covid-19, Geestesgesondheid, Voorblad

Depressie – tekens om voor uit te kyk

Geskryf deur Jean Pelser

Jy mag dalk iemand ken wat met depressie sukkel óf jy mag dalk van hierdie simptome in jouself herken.

Depressie mag dalk nie altyd op die oog af herken word as sulks nie. Hier is ‘n paar depressie-tekens om dop te hou asook ‘n paar ‘omgee vrae’ wat jy iemand kan vra wie jy vermoed met depressie worstel.

Anhedonia: Die onvermoë om plesier te tap uit ervaringe wat voorheen genot verskaf het.

Vraag: Watter aktiwiteite het jou altyd gelukkig gemaak? Geniet jy dit steeds om X te doen? Ervaar jy X as lewe-gewend

Apatie: Die apatiese komponent van depressie manifesteer dikwels as ‘n ‘don’t care’ gevoel. (Gee nie meer om nie).

Vraag: Is daar iets waaroor jy altyd baie omgegee het wat net nie meer vir jou saak maak nie? Voel jy asof die wind uit jou seile is en asof jy net nie meer die nodige motivering het om dinge aan te pak nie?

Angs: Angs gaan dikwels gepaard met depressie.

Vraag: Vind jy dat jy nou, makliker as gewoonlik, geirriteerd raak? Vind jy dat jy sonder ophou bekommerd is? Voel jy heeltemal oorweldig met tye?

Isolasie: Baie mense wat met depressie worstel neig om hulself te isoleer.

Vraag: Vind jy dat jy die afgelope tyd ‘n afkeer het om tyd met mense te spandeer? Voel jy of jy eerder mense wil vermy? Hou jy jouself meer eenkant as gewoonlik? Vind jy dat jy nie op boodskappe wil terugantwoord of jou foon wil antwoord nie?

Om ‘af’ te voel vir langer as twee weke: Om vir twee, of meer, weke of meer ‘af’ te voel is kenmerkend van depressie.

Vraag: Hoe lank al voel jy af? Is dit al vir langer as twee weke?

Pessimisme: Depressie kan ook herken word in pessimistiese aanmerkings oor die toekoms.

Vraag: Hoe voel jy oor jou toekoms? Voel jy pessimisties oor jou toekoms?

Skuldgevoelens en minderwaardigheid: Depressie laat mens soms sonder rede skuldig of minderwaardig voel.

Vraag: Voel jy gereeld skuldig sonder rede? Kraak jy jouself soms af in dinge wat jy oor jouself dink of sê?

Moeite: Depressiegevoelens kan gewone aktiwiteite en pligte soos ekstra moeite laat voel.

Vraag: Voel dit asof alles ekstra moeite vra? Voel dinge wat jy gewoonlik sonder moeite kon doen nou met groot moeite moet aanpak?

Slaap: Depressie affekteer slaap negatief.

Vraag: Vind jy dat jy meer, of minder, as gewoonlik slaap?

Eetlus: Depressie beïnvloed eetlus.

Vraag: Vind jy dat jou eetlus verander het die afgelope tyd? Vind jy dat jy meer of minder eet deesdae?

Huil: Depressiewe simptome kan mens laat hartseer voel en huilerig laat voel.
Vraag: Vind jy dat jy meer as gewoonlik huil?

Woede: ‘n Argaïse verstaan uit ‘Psigo-analise’ is dat depressie woede is wat ingekeer is.

Daar is studie was bewys dat mense wat depressief voel meer woede teenoor hulle naby familie, gade of kinders, betoon as mense wat nie depressief voel nie.

Vraag: Voel jy kwaad die afgelope tyd? Het jy ‘n woede uitbarsting tenoor iemand gehad?

Moegheid: Een van die meer algemene simptome van depressie is moegheid.
Vraag: Voel jy moeg, getap, pootuit deesdae (meer as gewoonlik)?

Top: Om oor iets te ‘top’ is om daaraan te herkou (oor-en-oor dieselfde ding te dink). Om oor iets te ‘top’ kan depressie aktiveer en in stand hou.

Vraag: Vind jy dat dieselfde gedagtes oor-en-oor in jou kop afspeel soos ‘n rolprent?
Hierdie is van die tekens om voor uit te kyk om jou te help om depressie in andere of in jouself te kan herken.

As jy enige van hierdie simptome in jouself of in andere raaksien is dit belangrik om nie ‘n diagnose te probeer maak nie, maar om uit te reik en iemand te bemoedig om hieroor (ervaring van depressie) met iemand te praat.

Dit is baie belangrik dat ons gepsprekke rondom geestesgesondheid, en veral depressie, moet begin ‘normaliseer’. Depressie is nie ‘n swakheid nie, maar ‘n aftakelende siekte.

Indien jy meer wil lees oor self-help vir depressie

Slaggatprojek

Slaggatprojek

Slaggatprojek FGK en Betereinders het ‘n slaggatprojek geloots en daar was reeds ‘n berig daaroor in die Rapport gepubliseer. Ons deel graag hier meer inligting omtrent die hoekom, wat en hoe van hierdie projek. Hoekom? Slaggate het ‘n simbool geword vir allerlei...

read more
Nuusbrief – 28 Februarie

Nuusbrief – 28 Februarie

Geliefdes Ons is in die eerste week van Lydenstyd en met Covid-19 nog in ons midde is ons almal steeds in die woestyn. In sy aangrypende boek The Solace of fierce landscapes vertel Belden Lane die volgende storie: A bedouin story from the Sinai peninsula underscores...

read more
WhatsApp nommer van die gemeente

WhatsApp nommer van die gemeente

Die Gemeente WhatsApp nommer het verander na ‭0746824636‬ Stoor asseblief die nuwe nommer in u telefoonkontaklys. Erediensskakels en belangrike afkondigings word op ons WhatsApp groepe aangestuur. Hierdie groepe word slegs vir eenrigtingkommunikasie vanaf die...

read more
Rus

Rus

Gebedsmateriaal : Rus (Desember 2020 en Januarie 2021) Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir die oorgang en begin van 2021 bekend te stel. Hierdie materiaal is in Engels en in Afrikaans beskikbaar. Kliek op die skakels om dit af te laai: Afrikaanse weergawe...

read more
Vakature: Jeugwerker

Vakature: Jeugwerker

Vakante pos: Jeugwerker Fontainebleau Gemeenskapskerk se Gemeenteraad het op die 18de November 2020 ‘n 1 Jaar kontrakpos vir ‘n jeugwerker goedgekeur. Termyn: 15 Januarie 2021 – 31 Desember 2021  Persoonlike profiel Iemand met ‘n liefde vir tieners ‘n Spanspeler met...

read more
Desember dienstye en reëlings

Desember dienstye en reëlings

Ons is tans in die seisoen van Advent. Advent bestaan uit die 4 Sondae voor Kersdag en word al van die 4de eeu gebruik as ‘n seisoen vir voorbereiding vir die Kersfeesvieringe. Van Sondag die 13de Desember tot 10 Januarie gaan ons dienste slegs aanlyn aangebied word....

read more
Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?   Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In 'n onlangse preek en Bybelstudie...

read more
Gemeenteraad kenmerke

Gemeenteraad kenmerke

Wat is die eienskappe van 'n Gemeenteraadslid? Wat is die kenmerke van iemand wat op die Gemeenteraad dien? Hier is ‘n kombinasie van Bybeltekste en formuliere van die NG Kerk wat kan help om iemand te nomineer en ook gebruik kan word deur die huidige lede om hulself...

read more
Share This