Ons is tans in die seisoen van Advent. Advent bestaan uit die 4 Sondae voor Kersdag en word al van die 4de eeu gebruik as ‘n seisoen vir voorbereiding vir die Kersfeesvieringe.
Van Sondag die 13de Desember tot 10 Januarie gaan ons dienste slegs aanlyn aangebied word. Dit beteken dat daar geen dienste by ons gebou gaan wees nie.
Weens die Covid-19 regulasies kon ons nie hierdie jaar ons gebruiklike Kerssangdiens aanbied nie. Die musiekbediening het egter hard gewerk om vir ons ‘n aanlyndiens voor te berei wat op 25 Desember uitgesaai gaan word. Dit sal die eerste keer wees waar ons Kerssangdiens en Kersdiens op dieselfde dag plaasvind! Skakel gerus aanlyn in op Facebook of YouTube. So kan ons as geloofsgemeenskap saam Kersfees vier, of jy nou in Johannesburg of op ‘n ander plek is.
Daar is ook wonderlike Advent materiaal wat gevolg kan word tydens hierdie seisoen. Hierdie materiaal kan tot die 15 Desember by die kantoor afgehaal word.
Hier is die dienste se temas en teksverse tot met Kersdag:
13 Des– Advent 3 (Vreugde) – Jesaja 61:1-4, 8-11: Prediker, Adri-Marie (slegs aanlyn)
20 Des – Advent 4 (Liefde) – Lukas 1:26-38 : Prediker, Jaco (slegs aanlyn)
25 Des – Kersfees en Kerssangdiens – Lukas 2:1-20: Prediker, Tom (slegs aanlyn)
Rus, Herstel, Herontdek en Herverbind
Na Kersdag, vier ons die seisoen van Kersfees. Aan die einde van ‘n baie moeilike jaar begin ons ‘n reeks wat ons gaan help om te Rus, Herstel, Herontdek en weer onsself te Herverbind. Die materiaal vir dié reeks kan op die webblad afgelaai word, harde kopieë kan ook by die kerkkantoor tot 15 Desember opgelaai word.
Hierdie reeks se doel is om ons te help om die nuwe jaar aan te pak vanuit ‘n plek van rus. Hierdie eredienste se tekste en temas lyk as volg:
27 Desember – Rus – Galasiërs 4:4-7: Prediker, Tom (slegs aanlyn)
3 Januarie – Herstel – Efesiërs 1:3-14: Prediker, Schalk (slegs aanlyn)
10 Januarie – Herontdek – Markus 1:4-11: Prediker, Jaco (slegs aanlyn)
Van die 17de Januarie gaan ons weer dienste in persoon en aanlyn aanbied. Die tema vir die res van die Januarie dienste is Herverbind.
Tydens hierdie eredienste gaan ons saam leer hoe ons in hierdie nuwe jaar nie Minder nie Maar Meer Kerk kan wees en geleentheid gee vir ons lidmate om opnuut aan die Here se avontuur by FGK te herverbind.
Ons wil ‘n beroep op die gemeente doen om in hierdie seisoen die eredienste saam te vier.. Al die dienste sal om 9:00 uitgesaai word, waarna dit op die gemeente se Preke bladsy verkry kan word. Mag ons in hierdie Kersseisoen opnuut die wonder van Christus wat mens geword het vier.
“For a child has been born—for us! the gift of a son—for us! He’ll take over the running of the world. His names will be: Amazing Counselor, Strong God, Eternal Father, Prince of Wholeness.” (Isaiah 9:6, The Message)
Die kerkkantoor sal van 15 Desember tot 12 Januarie gesluit wees. Vir noodgevalle kontak die gemeente se WhatsApp nommer (0741499507) waar die predikant wat op diens is se details verkry kan word.
0 Comments