Die A tot Z van Geestesgesondheid

Behoort, Covid-19, Geestesgesondheid

Ons leef in uitdagende tye. Ons word op die proef gestel deur ons omstandighede en ons geestesgesondheid is belangrike kaptitaal om in hierdie tye staande en optimaal funksionerend te bly.

Geestesgesondheid het te doen met ons vermoë om die uitdagings van die lewe te kan hanteer; ons almal het geestesgesondheid.

Geestesgesondheid gaan oor die manier waarop ons dink en wat ons voel omtrent ons vermoë om die ‘op’ en die ‘af’ van die lewe te hanteer.

Ons leef in ’n selfhelp wêreld maar ons moet dikwels deur ‘n verskeidenheid nuttelose selfhulpliteratuur sif. Die probleem met baie selfhelpliteratuur deesdae is die – ietwat skrikwekkende – feit dat dit nie altyd op empiriese navorsing gebaseer is nie en dat dit nie noodwendig geonderskryf word nie.

Die ‘A-Z van geestesgesondheid’ is ‘n bewysgebaseerde, tot-die-punt, vereenvoudigde, vinnige verwysingsgids met effektiewe, bewysgebaseerde selfhelp-strategieë vir goeie geestesgesondheid.

‘Die A-Z van Geestesgesondheid: ’n Kits Self-Help Verwysingsgids vir Geestesgesondheid is ontwerp om geestesgesondheids-inligting toeganklink te maak.

Hoe herken mens depressie en angs?

Watter self-help stratigieë is deur die wetenskap bewys om te werk?

Wat stel wetenskaplikes voor hoe om ons angs te verminder?

Hoe ondersteun mens iemand wat aan depressie lei?

Wat is nageboorte-depressie?

Werk anti-depressante?

Hoe kan dankbaarheid jou help om gelukkiger te lewe en depressie te bekamp.

Laai die ‘A-Z van Geestesgesondheid’ af en vind uit.

Slaggatprojek

Slaggatprojek

Slaggatprojek FGK en Betereinders het ‘n slaggatprojek geloots en daar was reeds ‘n berig daaroor in die Rapport gepubliseer. Ons deel graag hier meer inligting omtrent die hoekom, wat en hoe van hierdie projek. Hoekom? Slaggate het ‘n simbool geword vir allerlei...

read more
Nuusbrief – 28 Februarie

Nuusbrief – 28 Februarie

Geliefdes Ons is in die eerste week van Lydenstyd en met Covid-19 nog in ons midde is ons almal steeds in die woestyn. In sy aangrypende boek The Solace of fierce landscapes vertel Belden Lane die volgende storie: A bedouin story from the Sinai peninsula underscores...

read more
WhatsApp nommer van die gemeente

WhatsApp nommer van die gemeente

Die Gemeente WhatsApp nommer het verander na ‭0746824636‬ Stoor asseblief die nuwe nommer in u telefoonkontaklys. Erediensskakels en belangrike afkondigings word op ons WhatsApp groepe aangestuur. Hierdie groepe word slegs vir eenrigtingkommunikasie vanaf die...

read more
Rus

Rus

Gebedsmateriaal : Rus (Desember 2020 en Januarie 2021) Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir die oorgang en begin van 2021 bekend te stel. Hierdie materiaal is in Engels en in Afrikaans beskikbaar. Kliek op die skakels om dit af te laai: Afrikaanse weergawe...

read more
Vakature: Jeugwerker

Vakature: Jeugwerker

Vakante pos: Jeugwerker Fontainebleau Gemeenskapskerk se Gemeenteraad het op die 18de November 2020 ‘n 1 Jaar kontrakpos vir ‘n jeugwerker goedgekeur. Termyn: 15 Januarie 2021 – 31 Desember 2021  Persoonlike profiel Iemand met ‘n liefde vir tieners ‘n Spanspeler met...

read more
Desember dienstye en reëlings

Desember dienstye en reëlings

Ons is tans in die seisoen van Advent. Advent bestaan uit die 4 Sondae voor Kersdag en word al van die 4de eeu gebruik as ‘n seisoen vir voorbereiding vir die Kersfeesvieringe. Van Sondag die 13de Desember tot 10 Januarie gaan ons dienste slegs aanlyn aangebied word....

read more
Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?   Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In 'n onlangse preek en Bybelstudie...

read more
Share This