Gebedsmateriaal : Augustus
Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir Augustus bekend te stel. Ons sal dié materiaal daagliks WhatsApp. Dit kan ook hier afgelaai word.
Liminality - Augustus gebedskalender
SKRYF ‘N GEBED
Gedurende die maande van Augustus gaan ons op die tema van ‘Drumpeltyd’ fokus. Drumpeltyd is die ‘’tussen-in’’ van die lewe; wanneer jy jouself tussen seisoene bevind, soos in ‘n gang of op die brug. Jy is op die drempel; gister se seisoen is verby, en more is nog nie hier nie.
Pierre du Plessis se inleiding kan hierbo gelees word (besoek gerus sy webblad vir sy skrywe).
Skryf ‘n eenvoudige kort gebed neer van wat jy graag vir God wil vra vir hierdie tussen-in maand. Wat het jy nodig? Wat benodig jy dat God in, om en deur jou doen? Wat vra God?
Dit help indien die gebed kort is en gememoriseer kan word, bv. “Here, waar daar onrus is in my en om my, laat U vrede kom.”
Ons gaan ’n paar keer terugkom na hierdie hartsgebed. Sit dit iewers op in jou huis waar jy dit gereeld kan sien.
Ons stuur daaglikse WhatsApp boodskappe uit die kalender. As jy wil deel word van die lys, kontak gerus die kerkkantoor.