Gebedsmateriaal : Winter
Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir Junie en Julie bekend te stel. Ons sal dié materiaal daagliks WhatsApp. Dit kan ook hier afgelaai word.
Kyk gerus hierdie uitnodiging tot die materiaal:
As winter in jou hart kom lê
SKRYF ‘N WINTERGEBED
Luister gerus die openingswoorde van hierdie gebedskalender hier bo. Dit is deur Ds.Immanuel van Tonder geskryf.
Gedurende die maande van Junie en Julie gaan ons op die tema van ‘Winter’ fokus.
Skryf ‘n eenvoudige kort gebed neer van wat jy graag vir God wil vra vir hierdie koue twee maande. Wat het jy nodig? Wat benodig jy dat God in, om en deur jou doen? Wat vra God?
Dit help indien die gebed kort is en gememoriseer kan word, bv. “Here, waar daar onrus is in my en om my, laat U vrede kom.”
Ons gaan ’n paar keer terugkom na hierdie hartsgebed. Sit dit iewers op in jou huis waar jy dit gereeld kan sien.
In hierdie moeilike tye is dit belangrik om na onsself te kyk. Ons almal beleef tans trauma. Kyk gerus na hierdie video om jou te help in hierdie tye.