Gehoorsaamheid as ‘n gewoonte

Besin, Covid-19

Doen dit vir my!

Hoeveel ouers het nie al hierdie woorde vir hulle kinders gesê omdat hulle nie een of ander taak wil verrig nie.

Kind: “Maar ek wil nie skottelgoed was nie!”

Ouer: “Jy doen dit vir my

Hierdie dinamiek probeer ‘n verband bring tussen die opdrag en die verhouding.

In Johannes 14:15 sê Jesus,

“As julle my liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.”

In hierdie laaste week, midde die Covid-19 krisis is baie in die land ontevrede oor die land se reëls oor wat aangetrek mag word en wat nie. Hierdie reëls voel sinneloos en sonder doel. Party mense sê dat die land ons soos kinders behandel. Ons geduld word getoets. In ‘n onderhoud met die Teoloog Stanley Hauerwas reken hy dat Westerse Christene op die oomblik genooi word na die skool van geduld, “We are being schooled in patience”.

Een van die belangrikste reflekse wat kinders moet aanleer is verseker gehoorsaamheid.  Ouerhuise is oefenplekke vir gehoorsaamheid.

Dallas Willard skryf dat gemeentes se grootste uitdaging gehoorsaamheid is, hy skryf : “How to combine faith with obedience is surely the essential task of the church”.

Jesus nooi ons om gehoorsaam te wees, omdat ons in verhouding met hom staan. Die rede hoekom Jesus ons liefde in verband bring met ons uitvoer van opdragte is omdat dit ons vorm om sekere mense te word. Ons gehoorsaamheid help ons om in karakter te groei.

Vroeër in die week praat ek met Santie Thomas oor die oordrag van waardes aan kinders. Sy gesels oor waardes van respek, volharding, verantwoordelikheid, empatie en geduld.

Hierdie waardes, (of in ouer taal), deugde maak van ons spesifieke mense. Dit vorm ons as nuwe mense. Daarom skryf CS Lewis dat,

We might think that God wanted simply obedience to a set of rules: whereas He really wants people of a particular sort.

Om hierdie gewoonte van gehoorsaamheid aan te leer is ook genade, ook geskenk.  Ons is gehoorsaam omdat ons Jesus vertrou. CS Lewis sit weer sy vinger op die pols wanneer hy skryf:

“To have Faith in Christ means, of course, trying to do all that He says. There would be no sense in saying you trusted a person if you would not take his advice. Thus if you have really handed yourself over to Him, it must follow that you are trying to obey Him. But trying in a new way, a less worried way.”

Daarom sê Jesus dat die gewoonte van gehoorsaamheid gekweek word in die kweekhuis van die Gees. Ons gehoorsaamheid word bekragtig deur die Gees.

God se Gees vorm ons om soos Jesus te lyk. Dit is die Gees wat ons help. Die Parakleet, ‘n woord wat verskillend vertaal kan word as Trooster, Voorspraak, Helper of Raadgewer. Trevor Hudson skryf oor die Parakleet,

In Greek this title implies that the Holy Spirit will be for us in the present what Jesus has been for his disciples during his life on earth. Thus, the Holy Spirit will be our friend, leader, and guide just like Jesus had been for those who knew him in Galilee.

In die erediens fokus ons op hierdie teks van Jesus.

 

 

 

Rus

Rus

Gebedsmateriaal : Rus (Desember 2020 en Januarie 2021) Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir die oorgang en begin van 2021 bekend te stel. Hierdie materiaal is in Engels en in Afrikaans beskikbaar. Kliek op die skakels om dit af te laai: Afrikaanse weergawe...

read more
Vakature: Jeugwerker

Vakature: Jeugwerker

Vakante pos: Jeugwerker Fontainebleau Gemeenskapskerk se Gemeenteraad het op die 18de November 2020 ‘n 1 Jaar kontrakpos vir ‘n jeugwerker goedgekeur. Termyn: 15 Januarie 2021 – 31 Desember 2021  Persoonlike profiel Iemand met ‘n liefde vir tieners ‘n Spanspeler met...

read more
Desember dienstye en reëlings

Desember dienstye en reëlings

Ons is tans in die seisoen van Advent. Advent bestaan uit die 4 Sondae voor Kersdag en word al van die 4de eeu gebruik as ‘n seisoen vir voorbereiding vir die Kersfeesvieringe. Van Sondag die 13de Desember tot 10 Januarie gaan ons dienste slegs aanlyn aangebied word....

read more
Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?   Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In 'n onlangse preek en Bybelstudie...

read more
Gemeenteraad kenmerke

Gemeenteraad kenmerke

Wat is die eienskappe van 'n Gemeenteraadslid? Wat is die kenmerke van iemand wat op die Gemeenteraad dien? Hier is ‘n kombinasie van Bybeltekste en formuliere van die NG Kerk wat kan help om iemand te nomineer en ook gebruik kan word deur die huidige lede om hulself...

read more
(Hoe) Kan ek verander?

(Hoe) Kan ek verander?

Verandering is 'n proses In 'n bekende Bob Newhart video kom vra 'n persoon hulp oor 'n vrees wat sy het. Hier is die snaakse video daaroor. Stop it! Hoeveel keer het jy al vir jouself gesê, "Ek gaan net...

read more
Beperkte inperking

Beperkte inperking

Beperkte Inperking Gemeentelede sal bly wees om te verneem dat FGK ’n Covid-19 Taakspan gestig het wat sake op ons perseel met oordeel bestuur. Sommige van ons huurders en gevolglik ons personeel is weer op die perseel. Gemeentelede moet asseblief nie kuier of kom...

read more
Share This