Verandering is ‘n proses
In ‘n bekende Bob Newhart video kom vra ‘n persoon hulp oor ‘n vrees wat sy het. Hier is die snaakse video daaroor.
Stop it!
Hoeveel keer het jy al vir jouself gesê, “Ek gaan net ophou en ‘n besluit neem om dit nie meer te doen nie”? Net om weer te misluk!
Dit is ons eie weergawe van “Stop it!”
In verlede week se erediens het ons gekyk na Paulus se beskrywing van ons hulpeloosheid in Romeine 7:15-25.
In hierdie week se Bybelstudie kyk ons na lewensverandering en wat dit beteken om in ‘n proses van verandering te wees.
James Bryan Smith skryf in sy uitstekende boek, “The Good and Beautiful God” oor die proses van verandering. In die eerste hoofstuk (jy kan dit gratis hier aflaai) merk hy op dat:
We cannot change simply by saying, “I want to change.” We have to examine what we think (our narratives) and how we practice (the spiritual disciplines) and who we are interacting with (our social context). If we change those things—and we can—then change will come naturally to us.
Kyk gerus na die Bybelstudie vir ‘n gesprek oor hierdie stelling.