Hoe om oor ons emosies te praat
As volgelinge van Jesus is dit baie belangrik om in hierdie onsekere tye bewus te raak van ons emosies teenoor die pandemie. As geloofsgemeenskap glo ons dat ons ruimtes wil skep waar ons eerlik oor ons gevoelens kan gesels. Party van ons sal intense emosies van vrees beleef. Hierdie vrees kan ook lei tot angs en wegholgedagtes oor die ergste ding wat moontlik kan gebeur. Dit is belangrik om hierdie vrese en angs te erken.
Ander van ons werk met die emosie van hartseer. Die maatreëls wat ingestel is, mag dalk lei tot die kansellasie van gebeure waarna jy uitgesien het. Dalk moet jy ’n beplande reis of ’n vakansie kanselleer. Miskien het jou kind uitgesien na ’n spesifieke toer of kamp. Hierdie hartseer kan oorloop in emosies van woede. Aan die ander kant kan ons hartseer ook lei tot gevoelens van mismoedigheid en in sekere gevalle selfs depressie.
Die primêre gevoelens van “mad, sad en scared” kan ook gevoel word in verskillende emosies wat hieruit vertak. Dit mag dalk behulpsaam wees om na die volgende emosiewiel te kyk om jou gevoelens te identifiseer. Gesinne en vriende kan hierdie hulpmiddel daagliks gebruik om met mekaar te gesels oor ons binne-wêreld.
Nadat die emosie geïdentifiseer is, kan ons met die Here eerlik in gebed praat. In Filippense 4:6 skryf Paulus vanuit die tronk en gee die volgende raad:
Don’t fret or worry. Instead of worrying, pray. Let petitions and praises shape your worries into prayers, letting God know your concerns.
As geloofsgemeenskap wil ons gemeentelede aanmoedig om hierdie emosies wat ons ervaar as die grondslag vir ons gebede te gebruik. Hierdie gebede kan die vorm van klaag aanneem: “Here, hoekom?”. Dit kan ook die vorm van petisie aanneem: “Here, help!”. Hoe jou gebede ook al vorm aanneem, maak seker om gereeld in gebed met die Here te tree. In hierdie tye is dit belangrik dat ons sal Besin oor waar ons is en dan in gesprek tree met ons geliefdes en die Here. Die emosiewiel kan hier afgelaai word, en die emosies met gesigte hier.