Hoe verskil ons van mekaar?
Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In ‘n onlangse preek en Bybelstudie het ons na hierdie teksgedeelte gekyk. Ons het ook gesels oor die Skuiwe wat ons kan maak om gesonde gesprek en geloofsonderskeiding te beoefen.
Die NG Kerk het ‘n wonderlike hulpmiddel ontwikkel wat help om verskille op gesonde maniere te hanteer. Die boekie se naam is Egte Gesprek en kan hier afgelaai word. In egte gespek maak ons die volgende skuiwe:
- Van Debat na Dialoog
- Van Standpunt na Perspektief
- Van Kompromie na Konsensus
- Van Sekerheid na Helderheid
- Van Eiewysheid na Wysheid
Mag ons as geloofsgemeenskap altyd onthou om in liefde met mekaar te leef, selfs as ons verskil!