Jesus se gebed : Johannes 17

Besin, Covid-19

In Johannes 17 lees ons die langste gebed van Jesus. In die erediens het Adri-Marie van Heerden die beeld gebruik dat ons uitgenooi word om hierdie gebed af te luister. In hierdie gebed bid Jesus vir eenheid en ook vir ons ken van God.

Dit is maklik om iets te breek, eenheid verg egter dat daar vry-vloeiende liefde tussen mense is. Wanneer ons mekaar hoog ag, respekteer en bemoedig word eenheid dieper gevleg.

Wanneer ons in eenheid leef besef ons dat ons dieselfde koninkryk soek, en daarom in dieselfde span is.

In Johannes 17 kry ons een van die direkste definisies van die ewige lewe,

En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken.

Om te ken, beteken om in liefde te groei.

In haar preek verduidelik Adri-Marie aan die hand van die lering van St.Ignasius van Layola drie vlakke van liefde:

  1. Die begin van ‘n verhouding word vasgelê in spesifieke terme of reëls. Een voorbeeld van sò ‘n reël kan byvoorbeeld wees dat ons, onsself aan mekaar toewy en nie “cheat” nie. In hierdie vlak van verhouding is daar soms interaksie.
  2. Die volgende vlak wat sy beskryf is ‘n dieper vorm van liefde wat groei deurdat jy vreugde wil bring aan die persoon wat jy liefhet. In hierdie vorm van liefde probeer die een persoon die ander se hart leerken. Wat maak die ander persoon gelukkig of bly? (‘n Woord wat terloops vir Johannes nogal belangrik was)
  3. Dan is daar die liefde wat nie net in iemand anders se vreugdes deel nie, maar ook in hulle lyding. Wat breek die ander persoon se hart? Hier dink ons aan Jesus se hart vir dié wat op die randte van die samelewing is: die siekes, die naaktes, die wat gebind is. Adri-Marie noem spesifiek Matteus 25.

As jy nie die erediens kon beleef nie, kyk gerus hier:

 

 

 

 

 

Slaggatprojek

Slaggatprojek

Slaggatprojek FGK en Betereinders het ‘n slaggatprojek geloots en daar was reeds ‘n berig daaroor in die Rapport gepubliseer. Ons deel graag hier meer inligting omtrent die hoekom, wat en hoe van hierdie projek. Hoekom? Slaggate het ‘n simbool geword vir allerlei...

read more
Nuusbrief – 28 Februarie

Nuusbrief – 28 Februarie

Geliefdes Ons is in die eerste week van Lydenstyd en met Covid-19 nog in ons midde is ons almal steeds in die woestyn. In sy aangrypende boek The Solace of fierce landscapes vertel Belden Lane die volgende storie: A bedouin story from the Sinai peninsula underscores...

read more
WhatsApp nommer van die gemeente

WhatsApp nommer van die gemeente

Die Gemeente WhatsApp nommer het verander na ‭0746824636‬ Stoor asseblief die nuwe nommer in u telefoonkontaklys. Erediensskakels en belangrike afkondigings word op ons WhatsApp groepe aangestuur. Hierdie groepe word slegs vir eenrigtingkommunikasie vanaf die...

read more
Rus

Rus

Gebedsmateriaal : Rus (Desember 2020 en Januarie 2021) Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir die oorgang en begin van 2021 bekend te stel. Hierdie materiaal is in Engels en in Afrikaans beskikbaar. Kliek op die skakels om dit af te laai: Afrikaanse weergawe...

read more
Vakature: Jeugwerker

Vakature: Jeugwerker

Vakante pos: Jeugwerker Fontainebleau Gemeenskapskerk se Gemeenteraad het op die 18de November 2020 ‘n 1 Jaar kontrakpos vir ‘n jeugwerker goedgekeur. Termyn: 15 Januarie 2021 – 31 Desember 2021  Persoonlike profiel Iemand met ‘n liefde vir tieners ‘n Spanspeler met...

read more
Desember dienstye en reëlings

Desember dienstye en reëlings

Ons is tans in die seisoen van Advent. Advent bestaan uit die 4 Sondae voor Kersdag en word al van die 4de eeu gebruik as ‘n seisoen vir voorbereiding vir die Kersfeesvieringe. Van Sondag die 13de Desember tot 10 Januarie gaan ons dienste slegs aanlyn aangebied word....

read more
Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?   Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In 'n onlangse preek en Bybelstudie...

read more
Share This