Covid-19:

Nie minder nie,maar meer kerkwees

Die kerk gaan in haar wese nie oor ’n gebou, dominees en ’n diens op ’n Sondag nie. Die kerk is nie ’n gebou nie, die kerk bestaan uit mense wat oral in verskillende plekke bymekaar kom. Daarom glo ons dat hierdie uitdagende tyd ons ’n geleentheid bied om nie minder nie, maar meer kerk te wees. Ons gaan herontdek wat kerkwees beteken.

 BYBELSTUDIES

 

Gebedsmateriaal – Oktober

Gebedsmateriaal – Oktober

Gebedsmateriaal : Oktober Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir Oktober bekend te stel. Ons sal dié materiaal daagliks WhatsApp. As jy dit wil ontvang, registreer asb met hierdie skakel.   Dit kan ook hier afgelaai word.     Die tema vir ons...

read more
Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?   Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In 'n onlangse preek en Bybelstudie...

read more
Almero Welgemoed – Jesus in die bad

Almero Welgemoed – Jesus in die bad

Tydens ons segment, "Ons is FGK" het Almero Welgemoed die lied "Jesus in die bad" gesing. Die lied is verfilm in ons erediensspasie. Dit sluit mooi aan by die preek wat oor Eksodus 16 gehandel het (Jy kan die preek hier kyk).   Hier is 'n video van die lied. Die...

read more
Lidmaat databasis

Lidmaat databasis

Ons is besig om die gemeente se databasis op datum te bring. Vul asseblief die vorm op hierdie bladsy in vir volwassenes. Daar is ook 'n bladsy vir die kinders se inligting.

read more
Gebedsmateriaal – Lente

Gebedsmateriaal – Lente

Gebedsmateriaal : September Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir September bekend te stel. Ons sal dié materiaal daagliks WhatsApp. Dit kan ook hier afgelaai word.  SKRYF 'N GEBED   Luister na die John O'Donohue gebed hierbo en lees die openingswoorde...

read more
Gebedsmateriaal – Tussen in : Drempeltyd

Gebedsmateriaal – Tussen in : Drempeltyd

Gebedsmateriaal : Augustus Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir Augustus bekend te stel. Ons sal dié materiaal daagliks WhatsApp. Dit kan ook hier afgelaai word.  SKRYF 'N GEBED   Gedurende die maande van Augustus gaan ons op die tema van ‘Drumpeltyd’...

read more
Gemeenteraad kenmerke

Gemeenteraad kenmerke

Wat is die eienskappe van 'n Gemeenteraadslid? Wat is die kenmerke van iemand wat op die Gemeenteraad dien? Hier is ‘n kombinasie van Bybeltekste en formuliere van die NG Kerk wat kan help om iemand te nomineer en ook gebruik kan word deur die huidige lede om hulself...

read more
(Hoe) Kan ek verander?

(Hoe) Kan ek verander?

Verandering is 'n proses In 'n bekende Bob Newhart video kom vra 'n persoon hulp oor 'n vrees wat sy het. Hier is die snaakse video daaroor. Stop it! Hoeveel keer het jy al vir jouself gesê, "Ek gaan net...

read more
Praktyke wat help met onvoorspelbaarheid

Praktyke wat help met onvoorspelbaarheid

In 'n vorige video het ons gekyk na die elemente van die Trauma wat elkeen van ons tydens Covid-19 ervaar. Dit is belangrik om te besef dat ons almal hierdeur gaan. In hierdie opvolg video kyk ons na twee praktyke wat kan help in hierdie onvoorspelbare tye. Ons hoop...

read more
Die A tot Z van Geestesgesondheid

Die A tot Z van Geestesgesondheid

Ons leef in uitdagende tye. Ons word op die proef gestel deur ons omstandighede en ons geestesgesondheid is belangrike kaptitaal om in hierdie tye staande en optimaal funksionerend te bly. Geestesgesondheid het te doen met ons vermoë om die uitdagings van die lewe te...

read more

Belangrike inligting

oor ons Behoort saam

Omdat ons nie in groepe groter as 100 bymekaar kan kom nie, gaan ons nie op Sondae by die kerkgebou ’n erediens hê nie. Alle gemeenteaktiwiteite wat op die perseel sou plaasvind, word tot verdere kennisgewing gekanselleer (ons sal elke Maandag teen 12:00 met die gemeente kommunikeer oor die week wat kom). Hierdie maatreël word ingestel om ons weerlose lidmate en gemeenskapslede te beskerm. Hier dink ons veral aan ons senior lidmate. Kleiner groepe, selfs minder as 100 mense, hou ook ’n risiko in. Daarom besluit ons om nie ’n erediens te hou nie en selfs kleiner byeenkomste te kanselleer.

Dit is egter baie belangrik om te onthou dat die kerk in haar wese nie oor ’n gebou, dominees en ’n diens op ’n Sondag gaan nie. Die kerk is nie ’n gebou nie, die kerk bestaan uit mense wat oral in verskillende plekke bymekaar kom. Daarom glo ons dat hierdie uitdagende tyd ons ’n geleentheid bied om nie minder nie, maar meer kerk te wees. Ons gaan herontdek wat kerkwees beteken. Op Sondae om 09:00 sal ons weekliks ’n erediens live stream op Facebook en Youtube. Hierdie regstreekse uitsending sal ook later in die dag beskikbaar wees op die gemeente se webblad en Facebookbladsy. Ons gaan ook moeite doen om hierdie erediens in ’n oudio-formaat op Whatsapp beskikbaar te stel.

Soos ons reeds van die begin van die kwartaal doen, gaan ons voort met ons weeklikse groepsmateriaal wat ideaal is vir gesinne en vriende. Dit kan op die webblad by Materiaal afgelaai word. Ons gaan ook voort met ons Lydenstydmateriaal.

Ons gaan ook in hierdie week ’n daaglikse WhatsApp-boodskap stuur wat ons gemeentelede kan help om te Besin, Behoort en te Beweeg. Hierdie boodskap sal relevante inligting en praktiese gewoontes gee om plek te kan maak in hierdie tyd. Die personeel is ook besig om te dink oor Heilige Week en Paasfees en hoe ons dit op ’n sinvolle manier kan aanbied. Omdat ons nie eredienste het nie, sal ons alternatiewe reëlings tref vir die opneem van kollekte. Hou asseblief aan om finansieel te gee.

Praktiese wenke

  • Was gereeld jou hande deur die dag (vir 20 sekondes). Moenie aan jou gesig vat nie.
  • Groet mense deur vriendelik te waai en nie blad te skud of drukkies te gee nie.
  • As jy hoes of nies, maak seker dat jy jou mond ordentlik bedek sodat jy nie oor mense hoes of nies nie en ook nie in jou hande nies nie.
  • As jy siek voel, maak seker dat jy mediese hulp kry en tuis bly.
  • Slaap agt uur ’n dag en eet genoeg groen groentes.
  • Moenie jouself aan te veel mense blootstel en te veel rondbeweeg nie.
  • Maak ook seker dat jy nie fopnuus versprei nie.
  • Die regering het ’n spesiale WhatsApp-nommer 0600 123 456 waar jy kan kan kyk wat die jongste nuus en fopnuus is. Stuur net ’n boodskap van “Hi” na dié nommer.

 

 

BEWEEG

Omdat ons weet dat sommige mense in ons gemeenskap finansieel swaarkry, wil ons in hierdie tyd gemeentelede aanmoedig om donasies te maak om finansieel te kan help. Merk asseblief inbetalings wat gemaak word as “Noodfonds”. Ons gaan van hierdie geld gebruik om ons landsgenote wat in die “townships” woon te help deur seep te koop.

Omdat ons in hierdie tyd gebruik gaan maak van elektroniese kommunikasie (en spesifiek WhatsApp) wil ons gemeentelede wat ekstra fone het wat kan WhatsApp, aanmoedig om hierdie fone en die laaiers by die gemeentekantoor af te laai. Ons gaan hierdie fone gebruik om ons lidmate wat ouer fone het, te bemagtig.

Ons versoek lidmate om in gedagte te hou dat hulle werkers, veral tuiniers en huishulpe, van die mense is wat direk geraak word deur die aankondiging dat vervoer deur busse, taxi’s en treine tot die minimum beperk word. Ons versoek lidmate om in hierdie tyd veral ook te let op die welstand van hulle werknemers en om voort te gaan met die betaling van lone, selfs al kan die werkers nie kom werk nie.

 

Share This