Nuusbrief – 28 Februarie

Behoort, Covid-19, Nuus, Voorblad

Geliefdes

Ons is in die eerste week van Lydenstyd en met Covid-19 nog in ons midde is ons almal steeds in die woestyn. In sy aangrypende boek The Solace of fierce landscapes vertel Belden Lane die volgende storie:

A bedouin story from the Sinai peninsula underscores the idea that what one brings to the desert—one’s personal way of seeing it, even of walking through it—is crucial to the way one understands it. A Westerner entering the desert beyond Nuweiba once asked an English-speaking bedouin how far it was to the nearest oasis. The man did not respond. “How far is it to Ein El Furtaga?” the traveler asked more loudly, distinctly mouthing the words. But the bedouin still said nothing. Shouting his question a third time into the man’s face, and receiving only silence yet again, the traveler finally shook his head and started walking away. “About four hours!” the bedouin then called out, in answer to his question. “Why didn’t you tell me that the first time?” the Westerner asked. “I couldn’t say,” the man responded, “until I knew how fast you were accustomed to walking.”

Ons stap saam, elkeen teen ons eie spoed deur hierdie woestyn. Ons volg Jesus met die Gees wat ons versterk om tot eer van die Vader te leef.

Verlede Sondag se preek oor Markus 1:9-15 kan hier geluister word. Die Lydenstyd-gebedsmateriaal kan ook help met jou wandeling deur die woestyn. Dit is nie te laat om te begin nie, laai dit gerus af en groei saam met ons.

Ons teksvers vir eerskomende Sondag is Markus 8:31-38 en Schalk van Heerden is die prediker. Die diens word om 09:00 uitgesaai en daar is sitplek vir 50 mense. Om jou plek te registreer gebruik hierdie skakel. Ons stuur Sondae om 08:30 die skakel vir die kykstroom na ons WhatsApp-groepe. As jy nog nie die boodskappe ontvang nie, gebruik gerus hierdie skakel.

Tiener- en kinderkerknuus

Dit was heerlik om van die ouers en kinders tydens ons “drive through” en afhaal van boeke weer te sien! Ons het mekaar soos ou bekendes gegroet en ook die kategeseplan vir die jaar met die ouers bespreek.

 Indien jy nog nie jou boeke afgehaal het nie, kan jy dit enige tyd by die kerkkantoor afhaal, of kontak vir Corinne by jeug@fgk.co.za.

Kategese 2021 – Covid-19 Kwartaal 1

As gevolg van Covid-19-beperkinge, is die kategeseplanne soos volg aangepas:
Geen kategese sal tydens Sondagoggenderedienste plaasvind nie, maar daar sal spesiale kinderaktiwiteitsblaadjies beskikbaar wees.

Laerskoolkinders se ouers sal steeds weeklikse materiaal ontvang om hul kinders te vergesel op hul ODOS-reis deur die Bybel. Daar sal een keer per maand (Sondae tussen 10:30 en 12:00) ’n fisieke kategese-byeenkoms wees.

Gr.4-7-datums:  28 Februarie | 28 Maart | 18 April
Gr.1-3-datums: 14 Maart | 11 April

Hier is ’n foto van ’n aktiwiteit van die graad 1 tot 3 se byeenkoms.

Tieners (insluitende die belydenisklas) gaan weekliks op Sondae laatmiddag/-aande van 17:30 tot 19:00 bymekaarkom. Tieners kan reeds vanaf 17:00 saam kom kuier. 
Indien jy nuut is en jou graag wil registreer of meer inligting benodig, kontak ons gerus: Jeug@fgk.co.za vir laerskoolkinders of tieners@fgk.co.za vir hoërskoolkinders.

Ons kinders se geloofsvorming geskied deur die gebruik van die volgende kurrikulummomente:

 

Ons eerste tienerbyeenkoms het verlede Sondag plaasgevind en daar was omtrent ’n “vibe”. Daar het ook ’n tiener-band by die diens gespeel. Raynhard van Staden wat ons nuwe jeugwerker onder die tieners is, het hulle gehelp om te verstaan wat die rol van vas in die lewe van ’n gelowige is. Eerskomende Sondag gesels die tieners oor gebed.

Terreinnuus

Ons is dankbaar dat die watertenks nou opgekoppel is en dat ons kerkgeboue nou 100% van die “grid” af is. Hierdie besparing kan gemaklik na die bedienings in ons gemeente gekanaliseer word. As FGK is ons nou goed op dreef om ons deel te doen om die ekologie te beskerm en “groen” te gaan en om as gemeente skuldvry, volhoubaar en vrygewig finansieel te wees.

Ons is ook amper klaar met die opknapwerk van die terreinpersoneel se verblyf. Hierdie week is nuwe deure en vensters ingesit, asook die nuwe plafonne. Daar was egter R50 000 se onvoorsiene uitgawes as gevolg van strukturele uitdagings. Indien daar gemeentelede is wat wil bydra tot hierdie projek kan julle betalings merk as “Platdak”.

FINANSIES

Ons finansiële jaar eindig 29 Februarie en ons is reeds besig met die beplanning van volgende jaar se begroting. Ons wil elke lidmaat bedank vir hul getroue finansiële bydraes.  Dit word opreg waardeer. Ons is op hierdie bydraes aangewese tydens die Covid-19 krisis om ons kreatiewe roeping as gemeente uit te leef. Debietordervorms kan by office@fgk.co.za verkry word.

FGK se bankbesonderhede is:

Fontainebleau Gemeenskapskerk
Absa
Tjek: 170580109
Takkode: 632005

Jy kan ook die volgende SnapScan-kode gebruik of hierdie skakel volg as jy op jou selfoon lees.

FGK-groete

Tussen die Vlamme

Tussen die Vlamme

Julie 2021 sal onthou word as die maand toe ’n voormalige president tronk toe is en wanorde uitgebreek het. Dit was krisis op  krisis vir ’n land wat reeds met die derde vlaag van Covid-19, armoede en ekonomiese stres stoei.  Die #ZumaUnrest was ’n mengelmoes van...

read more
Voorbrand

Voorbrand

In die week van 11 Julie is ons land tot stilstand geruk deur die geweld en onluste. As leraars het ons die gemeente gevra om die antieke dissipline van klaag te beofen. Die gemeente se klaagliedere kan hier gelees word Klaag gaan egter nie net oor persoonlike gebed...

read more
POPI wetgewing en FGK

POPI wetgewing en FGK

Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting – Wet no 4 van 2013 Protection of Personal Information Act. Geliefde Lidmaat Sedert u lidmaat geword het van Fontainebleau Gemeenskapskerk het u aan ons persoonlike inligting verskaf ten einde: ‘n Lidmaatregister by te hou...

read more
Slaggatprojek

Slaggatprojek

Slaggatprojek FGK en Betereinders het ‘n slaggatprojek geloots en daar was reeds ‘n berig daaroor in die Rapport gepubliseer. Ons deel graag hier meer inligting omtrent die hoekom, wat en hoe van hierdie projek. Hoekom? Slaggate het ‘n simbool geword vir allerlei...

read more
WhatsApp nommer van die gemeente

WhatsApp nommer van die gemeente

Die Gemeente WhatsApp nommer het verander na ‭0746824636‬ Stoor asseblief die nuwe nommer in u telefoonkontaklys. Erediensskakels en belangrike afkondigings word op ons WhatsApp groepe aangestuur. Hierdie groepe word slegs vir eenrigtingkommunikasie vanaf die...

read more
Rus

Rus

Gebedsmateriaal : Rus (Desember 2020 en Januarie 2021) Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir die oorgang en begin van 2021 bekend te stel. Hierdie materiaal is in Engels en in Afrikaans beskikbaar. Kliek op die skakels om dit af te laai: Afrikaanse weergawe...

read more
Vakature: Jeugwerker

Vakature: Jeugwerker

Vakante pos: Jeugwerker Fontainebleau Gemeenskapskerk se Gemeenteraad het op die 18de November 2020 ‘n 1 Jaar kontrakpos vir ‘n jeugwerker goedgekeur. Termyn: 15 Januarie 2021 – 31 Desember 2021  Persoonlike profiel Iemand met ‘n liefde vir tieners ‘n Spanspeler met...

read more
Desember dienstye en reëlings

Desember dienstye en reëlings

Ons is tans in die seisoen van Advent. Advent bestaan uit die 4 Sondae voor Kersdag en word al van die 4de eeu gebruik as ‘n seisoen vir voorbereiding vir die Kersfeesvieringe. Van Sondag die 13de Desember tot 10 Januarie gaan ons dienste slegs aanlyn aangebied word....

read more
Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?   Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In 'n onlangse preek en Bybelstudie...

read more
Share This