POPI wetgewing en FGK

Behoort, Covid-19, Nuus, POPI, Voorblad

Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting – Wet no 4 van 2013

Protection of Personal Information Act.

Geliefde Lidmaat

Sedert u lidmaat geword het van Fontainebleau Gemeenskapskerk het u aan ons persoonlike inligting verskaf ten einde:

  • ‘n Lidmaatregister by te hou
  • Ons in staat te stel om met u te kommunikeer
  • Die Gemeente in staat te stel om te funksioneer.

U regte:

U het die reg om die kerkkantoor te nader ten einde:

  • Insae te kry tov die inligting wat ons oor u byhou
  • Korreksies te versoek
  • Om te versoek dat u inligting uitgewis word

Om te versoek dat inligting selektief nie gebruik word nie bv:

  • Om u nie geluk te wens met u verjaarsdag nie
  • Om u naam nie op die gebedslys te plaas nie.
  • Om u adres/telefoon nommer nie op ‘n verspreidingslys te plaas nie.
  • Om u naam van adreslyste te verwyder. (e-pos, WhatsApp)

Ons het die plig om:

  • Alle maatreëls te tref om u inligting veilig te bewaar
  • Nie onnodige inligting te versamel nie
  • Om u besonderhede slegs vir gemeentlike aktiwiteite te gebruik
  • Om u inligting nie aan derde partye bekend te maak nie.

Omdat WhatsApp groepe deel van ons gemeente se  kommunikasie is word die volgende ook onder gemeentelede se aandag gebring:

Ons wil net ‘n POPIA (Protection of Personal Information Act) vrywaring deel, aangesien alle WhatsApp-groepe die wet vanaf 1 Julie 2021 moet nakom.

Hierdie sperdatum bring ‘n paar veranderinge mee, onder meer dat die administrateurs van WhatsApp Groepe jou toestemming moet bekom om deel te wees van die relevante WhatsApp groep.

Jy word hiermee in kennis gestel dat jy geregtig is daarop om toestemming te weier en jou reg te mag uitoefen deur hierdie groep te verlaat.

As jy verkies om in hierdie groep te bly, aanvaar jy dat jy ingestem het om deel te wees van hierdie groep en dra kennis dat jou persoonlike inligting (naamlik jou selfoonnommer en naam), sigbaar is vir ander lede in hierdie groep.

In hierdie verband vra ons alle lede van hierdie groep om vir watter rede ook al nie van sulke persoonlike inligting gebruik te maak sonder om die toestemming van die betrokke persoon te verkry nie.

Ons gebruik ook ‘n Nuusbrief as deel van ons kommunikasie:

Belangrike Kennisgewing: NUUSBRIEF

Ons wil net ‘n POPIA (Protection of Personal Information Act) vrywaring deel, aangesien ons die wet vanaf 1 Julie 2021 moet nakom.

Hierdie sperdatum bring ‘n paar veranderinge mee, onder meer die uitsending en ontvangs van die FGK nuusbrief waarvoor ons jou toestemming moet bekom om deel te wees van die relevante verspreidinglys vir intekenaars van die nuusbrief.

Jy word hiermee in kennis gestel dat jy geregtig is daarop om toestemming te weier en jou reg te mag uitoefen deur ‘uit te teken’ (‘unsubscribe’) vir die ontvangs van die nuusbrief.

As jy verkies om in ’n intekenaar (‘subscriber’) van die nuusbrief te bly, aanvaar jy dat jy ingestem het om deel te wees van hierdie nuusbrief-ontvangersgroep en dra kennis dat jou persoonlike inligting op ’n elektroniese databasis gestoor word op en deel maak van die FGK nuusbrief-verspreidingslys.

In hierdie verband vra ons alle lede van die nuusbrief intekenaars-groep om om jou reg uit te oefen deur of ingeteken te bly vir die ontvangs van die nuusbrief of om uit te teken om nie die nuusbrief te ontvang nie.

Per geleentheid stuur ons ook SMS kommunikasie uit:

Belangrike Kennisgewing: SMS

Ons wil net ‘n POPIA (Protection of Personal Information Act) vrywaring deel, aangesien ons die wet vanaf 1 Julie 2021 moet nakom.

Hierdie sperdatum bring ‘n paar veranderinge mee, onder meer die uitsending en ontvangs van FGK SMS’e waarvoor ons jou toestemming moet bekom om deel te wees van die relevante SMS-verspreidinglys.

Jy word hiermee in kennis gestel dat jy geregtig is daarop om toestemming te weier en jou reg te mag uitoefen deur ‘uit te teken’ (‘unsubscribe’) vir die ontvangs van FGK SMS’e.

As jy verkies om in ’n intekenaar (‘subscriber’) van FGK SMS’e te bly, aanvaar jy dat jy ingestem het om deel te wees van hierdie FGK SMS-ontvangersgroep en dra kennis dat jou persoonlike inligting op ’n elektroniese databasis gestoor word op en deel maak van die FGK SMS-verspreidingslys.

In hierdie verband vra ons alle ontvangers van die SMS aantekenaars-groep om om jou reg uit te oefen deur of aangeteken te bly vir die ontvangs van FGK SMS’e of om uit te teken om nie FGK SMS’e te ontvang nie.

 As jy wil kontak maak oor die POPI kan jy ‘n epos stuur admin@fgk.co.za

 

 

Voorbrand

Voorbrand

In die week van 11 Julie is ons land tot stilstand geruk deur die geweld en onluste. As leraars het ons die gemeente gevra om die antieke dissipline van klaag te beofen. Die gemeente se klaagliedere kan hier gelees word Klaag gaan egter nie net oor persoonlike gebed...

read more
Slaggatprojek

Slaggatprojek

Slaggatprojek FGK en Betereinders het ‘n slaggatprojek geloots en daar was reeds ‘n berig daaroor in die Rapport gepubliseer. Ons deel graag hier meer inligting omtrent die hoekom, wat en hoe van hierdie projek. Hoekom? Slaggate het ‘n simbool geword vir allerlei...

read more
Nuusbrief – 28 Februarie

Nuusbrief – 28 Februarie

Geliefdes Ons is in die eerste week van Lydenstyd en met Covid-19 nog in ons midde is ons almal steeds in die woestyn. In sy aangrypende boek The Solace of fierce landscapes vertel Belden Lane die volgende storie: A bedouin story from the Sinai peninsula underscores...

read more
WhatsApp nommer van die gemeente

WhatsApp nommer van die gemeente

Die Gemeente WhatsApp nommer het verander na ‭0746824636‬ Stoor asseblief die nuwe nommer in u telefoonkontaklys. Erediensskakels en belangrike afkondigings word op ons WhatsApp groepe aangestuur. Hierdie groepe word slegs vir eenrigtingkommunikasie vanaf die...

read more
Rus

Rus

Gebedsmateriaal : Rus (Desember 2020 en Januarie 2021) Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir die oorgang en begin van 2021 bekend te stel. Hierdie materiaal is in Engels en in Afrikaans beskikbaar. Kliek op die skakels om dit af te laai: Afrikaanse weergawe...

read more
Vakature: Jeugwerker

Vakature: Jeugwerker

Vakante pos: Jeugwerker Fontainebleau Gemeenskapskerk se Gemeenteraad het op die 18de November 2020 ‘n 1 Jaar kontrakpos vir ‘n jeugwerker goedgekeur. Termyn: 15 Januarie 2021 – 31 Desember 2021  Persoonlike profiel Iemand met ‘n liefde vir tieners ‘n Spanspeler met...

read more
Desember dienstye en reëlings

Desember dienstye en reëlings

Ons is tans in die seisoen van Advent. Advent bestaan uit die 4 Sondae voor Kersdag en word al van die 4de eeu gebruik as ‘n seisoen vir voorbereiding vir die Kersfeesvieringe. Van Sondag die 13de Desember tot 10 Januarie gaan ons dienste slegs aanlyn aangebied word....

read more
Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?   Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In 'n onlangse preek en Bybelstudie...

read more
Share This