Gebedsmateriaal : Rus (Desember 2020 en Januarie 2021)
Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir die oorgang en begin van 2021 bekend te stel.
Hierdie materiaal is in Engels en in Afrikaans beskikbaar.
Kliek op die skakels om dit af te laai:
Hierdie jaar het soveel unieke uitdagings en aanpassings gehad, dat meeste mense na diep rus smag.
Die natuur leer ons dat die lewe seisoene het (soos Prediker 3 ons ook herinner). Die mens as skepsel, is ook deel van die natuur. God het ons liggame op so ‘n manier gemaak dat ons daagliks ure van slaap nodig het – rus is as lewenssaaklik in ons DNA ingebou.
Ons het deur innovasie elektrisiteit en allerhande wonderlike masjiene uitgedink (veral die wonder van ‘’uncapped’’ internet).
Wanneer ons as mense probeer om ‘’altyd aan’’ te wees gaan iets binne in ons dood – die mens is gemaak om ook te rus. Ons is nie ‘’uncapped’’ nie. En indien ons behoefte aan slaap nie genoeg motivering is nie, het God ook telkemale aan Sy mense in die Woord opdrag gegee om te rus; Sabbat te hou, en fees te vier.
God wil vir ons rus gee
God het ons geskep om ook te rus en speel.
Ons hoop die gebedsmateriaal kan lei tot wonderlike belewenisse met God.