Slaggatprojek

Beweeg, Covid-19, Nuus, Voorblad

Slaggatprojek

FGK en Betereinders het ‘n slaggatprojek geloots en daar was reeds ‘n berig daaroor in die Rapport gepubliseer. Ons deel graag hier meer inligting omtrent die hoekomwat en hoe van hierdie projek.

Hoekom?

Slaggate het ‘n simbool geword vir allerlei dinge wat verkeerd is en mense kwaad maak. Fontainebleau Gemeenskapskerk (FGK) het ‘n projek geloots saam met Betereinders wat nie net gate regmaak nie, maar ook die land regmaak!

Ons maak dus nie net paaie reg nie, maar ook verhoudings. Die ‘hoekom’ van die slaggatprojek is dus eerstens die herstel van harte en verhoudings en tweedens, die regmaak van gate in paaie.

Daarom is dit krities om te verstaan waar pas die slaggatprojek by ons tien stappe in, en waarom ons die projek op ‘n bepaalde manier aanpak.

As gemeente beywer ons ons tot versoening en vergoeding/herstel (reconciliation and restitution), oftewel “saam staan” en “saam werk”. Die vyfde stap (van die tien) word genoem “Taakspanne”. ‘n Taakspan is ‘n groep van tussen 2-10 wat uit ‘n verskeidenheid mense bestaan (verskillende kulture en rasse) om gewone dinge saam te doen. Goeie voorbeelde sluit in boekklubs, sportspanne, naaldwerkgroepies, drafgroepe, staptoere, ensovoorts. Die geheim is dat die groep doelbewus saamgestel word om ‘n verskeidenheid verskillende (diverse) persone in te sluit en dat dinge dan normaalweg hulle gang moet gaan, met ander woorde, die fokus is nie om oor ras, geskiedenis ensovoorts te gesels nie. Taakspanne normaliseer diversiteit.

Wat?

Die projek se geheim (sukses) lê in die unieke ‘ready mix’ projek waarmee slaggate gevul kan word. Die 20kg sakkies kan by die Betereinders koffiewinkel (The Bridge) gekoop word. Die prys per sak is R200 (dit sluit ‘n klein subsidie in waarmee ons arm mense ondersteun om ook die gate in hulle eie gebiede reg te maak). Indien iemand egter twee name kan gee wat diversiteit aandui – mense wat saam gaan werk en saam gaan staan – dan kwalifiseer hulle vir ‘n afslagprys van R150 per sakkie. Daar is wel ‘n bepaling dat die diverse ‘vriend’ nie iemand se tuinier of huishulp mag wees nie. Onthou, die doel is om verhoudings en vriendskappe te bou, veral as gelykes.

Hierdie diverse spanne kan self en saam besluit watter gate hulle waar wil gaan regmaak. Dit is ‘n goeie idee om nie net in een woonbuurt of byvoorbeeld in die koper se eie straat, te gaan werk nie.

Hoe?

1. Identifiseer die slaggate wat jy wil gaan regmaak.
2. Identifiseer en gesels met ‘n paar mense sodat ‘n spannetjie gevorm kan word.
3. Samel geld in en dit sal bepaal hoeveel sakkies aangekoop kan word.
4. Toerusting benodig: spitgraaf, besem en natuurlik die sakkies “ready mix”.
5. Maak seker dis veilig; bepaal die tyd van dag en gebruik byvoorbeeld kegels om sigbaarheid en veiligheid te bevorder.
6. Betereinders en FGK aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige wettige aspekte sou openare paaie reggemaak word nie. Elke person moet self verantwoordelikheid neem vir die gebruik van die produk en regmaak van die slaggat/e. Ons verskaf bloot ‘n produk.
7. Meet of neem foto van ‘n gat voordat jy/julle daaraan werk, ‘n foto met maatstok werk goed.
8. Vee die randjies van die gat skoon. In ‘n diep gat hoef jy nie los klippies uit te haal nie.
9. Jy kan in ‘n droë of nat gat werk.
10. Gooi die ‘ready-mix’ in die gat en stamp dit vas (kompakteer) deur met graaf te slaan.
11. Die nuwe produk moet na kompaktering omtrent 8mm hoër as die padoppervlak wees, aangesien die “ready mix” ‘n bietjie sal sak waarna dit dan mooi gelyk wees.
12. Na 5 minute kan jy met jou voertuig daaroor ry om te help kompakteer, die produk klou nie aan bande soos klam teer sou nie.
13. Maak baie seker die rand van jou vulsel steek nie oor en lê nie op die padoppervlak nie anders sal dit ‘n hobbeltjie tot gevolg hê.
14. Neem ‘n foto om jou spannetjie te eer. Gebruik die foto om ander te inspireer en uit te nooi; dis om te wys dat dit maklik en haalbaar is en nie te spog of ‘wintie’ te wees nie.
15. Neem ‘n foto van die voltooide gat en weer twee dae later, om te monitor.

Verdere Refleksie

Die projek het diep waarde en simboliek. As Christene is dit deel van naasteliefde om saam te werk en om betrokke te wees in ons gemeenskap. Die slaggatprojek dien deur tyd (arbeid) en geld (produk) te gee. Ons herinner mekaar dat die gesindheid waarmee ons werk net so belangrik soos die werk self is. Ons maak dus paaie reg met ‘n glimlag en vriendelikheid en sonder om te kla.

Om sout en lig te wees, wil ons nie net vir die gemeenskap werk nie, maar ook saam. Om hierdie doel te bereik, gebruik ons vars taal en metafore wat kerklose mense innooi en tuis laat voel en deel maak; dit is trouens deurlopend ‘n Betereinderdoelwit. Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners sukkel soms om gelukkig en deel te voel van Suid-Afrika; hierdie projek se mikpunt is om mense te help tuis en welkom te voel en te behoort as deel van die breër gemeenskap.

Kort Opsomming:
Ons sal nie self nie, ons sal saam. 
Ons fix slaggate en verhoudings. 
Ons kla nie, ons doen goed. 
Ons werk saam en staan saam. 
Ons slaggatmix is uniek en fantasties.

Top Tips vir almal wat gaan deelneem:

– Swart Suid Afrikaners en wit Suid Afrikaners werk saam (moenie jou tuinier saamvat nie)

– Maak seker niemand is baasspelerig nie

– Luister na mekaar

– Werk self, moenie order nie

– Moenie oor Zuma of ANC begin kla nie

– As jy wil small talk, praat oor jou familie of waar jy grootgeword het

As jy meer van die projek wil weet kontak vir Schalk by admin@fgk.co.za 

Nuusbrief – 28 Februarie

Nuusbrief – 28 Februarie

Geliefdes Ons is in die eerste week van Lydenstyd en met Covid-19 nog in ons midde is ons almal steeds in die woestyn. In sy aangrypende boek The Solace of fierce landscapes vertel Belden Lane die volgende storie: A bedouin story from the Sinai peninsula underscores...

read more
WhatsApp nommer van die gemeente

WhatsApp nommer van die gemeente

Die Gemeente WhatsApp nommer het verander na ‭0746824636‬ Stoor asseblief die nuwe nommer in u telefoonkontaklys. Erediensskakels en belangrike afkondigings word op ons WhatsApp groepe aangestuur. Hierdie groepe word slegs vir eenrigtingkommunikasie vanaf die...

read more
Rus

Rus

Gebedsmateriaal : Rus (Desember 2020 en Januarie 2021) Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir die oorgang en begin van 2021 bekend te stel. Hierdie materiaal is in Engels en in Afrikaans beskikbaar. Kliek op die skakels om dit af te laai: Afrikaanse weergawe...

read more
Vakature: Jeugwerker

Vakature: Jeugwerker

Vakante pos: Jeugwerker Fontainebleau Gemeenskapskerk se Gemeenteraad het op die 18de November 2020 ‘n 1 Jaar kontrakpos vir ‘n jeugwerker goedgekeur. Termyn: 15 Januarie 2021 – 31 Desember 2021  Persoonlike profiel Iemand met ‘n liefde vir tieners ‘n Spanspeler met...

read more
Desember dienstye en reëlings

Desember dienstye en reëlings

Ons is tans in die seisoen van Advent. Advent bestaan uit die 4 Sondae voor Kersdag en word al van die 4de eeu gebruik as ‘n seisoen vir voorbereiding vir die Kersfeesvieringe. Van Sondag die 13de Desember tot 10 Januarie gaan ons dienste slegs aanlyn aangebied word....

read more
Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?   Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In 'n onlangse preek en Bybelstudie...

read more
Gemeenteraad kenmerke

Gemeenteraad kenmerke

Wat is die eienskappe van 'n Gemeenteraadslid? Wat is die kenmerke van iemand wat op die Gemeenteraad dien? Hier is ‘n kombinasie van Bybeltekste en formuliere van die NG Kerk wat kan help om iemand te nomineer en ook gebruik kan word deur die huidige lede om hulself...

read more
Share This