Tussen die Vlamme

Beweeg, Covid-19, Nuus, Voorblad

Julie 2021 sal onthou word as die maand toe ’n voormalige president tronk toe is en wanorde uitgebreek het. Dit was krisis op  krisis vir ’n land wat reeds met die derde vlaag van Covid-19, armoede en ekonomiese stres stoei. 

Die #ZumaUnrest was ’n mengelmoes van politieke protes, opportunistiese plundering en verset teen armoede en ongelykheid. Ons land was geskok. Dit het wel aan die lig gekom dat dié wat breek ’n baie klein groepering is in vergelyking met diegene wat wil bou en saamwerk. 

FGK het as geloofsgemeenskap dadelik ’n uitnodiging tot klaag gerig. Klaag praat met God oor dit wat pla. Klaag is ook bereid om oor te gaan tot aksie en diensbaarheid. Daarenteen is kla gewoonlik iets wat ’n  mens verlam en nie bydra tot verbetering nie. FGK se klaaglied help ons om nie te vêr te bly van die probleem nie, nie te vinnig met simplistiese oplossings te kom nie en om onsself nie te verontskuldig nie.  

Ons reaksie op die #ZumaUnrest het bestaan uit: Ons gemeente het finansieel bygedra om saam met ander gemeentes in die Ring van Linden kos na die KZN Sinode te stuur. Ons het spesifiek ook Nkosi Bars geskenk, wat ons weet niebederfbaar is en ’n gebalanseerde maaltyd is. In vennootskap met Betereinders het ons ook op ander wyses – veral in Gauteng – met voedseltekorte gehelp en ook ’n klein besigheid (spaza shop) wat geplunder is, weer gehelp om op sy voete te kom (sien die getuienis hieronder).

Dan is daar natuurlik die noodfonds wat ’n kanaal is om by te dra en vir hulp te vra. Meer inligting oor die FGK-noodfonds is hier beskikbaar.

In tye van krisis (plundering en Covid) kan ons op spesiale maniere korttermynnoodverligting bied. As rentmeesters van God se hulpbronne en uit opregte liefde vir ons naaste, herinner hierdie krisistye ons egter aan die elke dag se armoede en honger voordat Zuma se stories en selfs Covid-19 deel was van ons land se storie. Daarom vra ons die vraag, wat doen ons “tussen die vlamme”? Wat doen ons as alles kalm is en armoede uit die oog verdwyn? Hoe dra ons by met integriteit op ’n volhoubare manier? Die antwoord skets ’n strategie wat nie daarop fokus op om vlamme dood te slaan nie, maar voorbrand te maak. As FGK en Betereinders werk ons proaktief en volhoubaar. Ons gaan nie noodwendig township toe om ’n winkelsentrum skoon te maak nie, ons gaan om hoop te gee, sodat niks brand nie (onthou 5 Junie in Mamelodi). Ons deel ook nie net kos en Nkosi Bars uit nie, ons beywer ons om veral jongmense in arm gebiede te help om hul eie kos te produseer en sodoende op plaaslike vlak voedselsekuriteit te bevorder. Die vlamme van die plundering in Julie het ons met hernude ywer aan ons saadprojek laat werk waar mense hoop kry deur kos te verbou, te eet en selfs te verkoop. 


Armoede en geregtigheid in Suid-Afrika is gekoppel aan sosiale kohesie. Dit verwys na die verhouding en vertroue tussen mense met verskille. As gemeente is ons geroep tot versoenende liefde. In die afgelope weke waar Zoeloes baie slegte publisiteit gekry het, reageer ons deur uit te reik en te wys ons wil nader beweeg, ken, leer en saamstaan. Prakties verwys dit na die afskop van ons Zoeloe-mentor via WhatsApp-program. Om iemand anders se taal te leer toon natuurlik respek en regtig omgee op lang termyn. Om juis nou Zoeloe te leer herinner ons aan Jesus se boodskap dat ons ons naaste en ons vyande moet liefhê. Ons nooi al ons lidmate of enige lid van die publiek om hom/haar vir dié program in te skryf. Jy verbind jou om vir 12 maande R250 te betaal, daardie geld word 100% as data vir jou Zoeloe-mentor gestuur. Sodoende word mense in arm omstandighede bemagtig deur data en jy hoef nie deur Google en boeke Zoeloe te leer nie. Natuurlik bou ons só verhoudings ook en gee ons dus nie net data nie, maar ook waardigheid. Kyk gerus die video hier:

Hoe hoog die vlamme gaan brand, hang af van wat ons “tussen die vlamme” doen. Dit hang af van die getrouheid waarmee ons voorbrand maak. Op Goeie Vrydag het ons pap in die erediensruimte gemaak. Ons het gepraat oor “Skhokho”-wees. Skhokho’s is mense wat bly, al raak die vlamme warm. Ons word sterker in moeilike tye. Ons besef deur al hierdie probleme en aksies dat lig helder skyn in die donker en volgens 2 Kor. 12:9, God se genade is genoeg, Sy krag kom tot volle werking wanneer ons swak is. 

Getuienis uit die gemeente

Dit is vir ons verblydend om te hoor hoe mense vanuit ons gemeente tydens die onruste in Julie self inisiatief geneem het. Een van die verhale is van ’n jong entrepreneur, Tebogo Mabye, wat deur lede van ons Bybelstudiegroep vir vroue gehelp word nadat sy koffiewinkel, Hillbrewed tydens die onruste geplunder is. Hulle het besluit om te help deur weer toerusting en voorraad vir sy winkel aan te koop, asook om sy versekering en finansiële bestuur agter mekaar te kry. Wat ’n wonderlike verhaal van hoe God opdaag deur die lewens van Sy kerk in deur ’n gefragmenteerde lewe en drome, vensters, geboue en toerusting heel, nuut en reg maak! Soos in die hemel, so ook in Maboneng…

Voorbrand

Voorbrand

In die week van 11 Julie is ons land tot stilstand geruk deur die geweld en onluste. As leraars het ons die gemeente gevra om die antieke dissipline van klaag te beofen. Die gemeente se klaagliedere kan hier gelees word Klaag gaan egter nie net oor persoonlike gebed...

read more
POPI wetgewing en FGK

POPI wetgewing en FGK

Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting – Wet no 4 van 2013 Protection of Personal Information Act. Geliefde Lidmaat Sedert u lidmaat geword het van Fontainebleau Gemeenskapskerk het u aan ons persoonlike inligting verskaf ten einde: ‘n Lidmaatregister by te hou...

read more
Slaggatprojek

Slaggatprojek

Slaggatprojek FGK en Betereinders het ‘n slaggatprojek geloots en daar was reeds ‘n berig daaroor in die Rapport gepubliseer. Ons deel graag hier meer inligting omtrent die hoekom, wat en hoe van hierdie projek. Hoekom? Slaggate het ‘n simbool geword vir allerlei...

read more
Nuusbrief – 28 Februarie

Nuusbrief – 28 Februarie

Geliefdes Ons is in die eerste week van Lydenstyd en met Covid-19 nog in ons midde is ons almal steeds in die woestyn. In sy aangrypende boek The Solace of fierce landscapes vertel Belden Lane die volgende storie: A bedouin story from the Sinai peninsula underscores...

read more
WhatsApp nommer van die gemeente

WhatsApp nommer van die gemeente

Die Gemeente WhatsApp nommer het verander na ‭0746824636‬ Stoor asseblief die nuwe nommer in u telefoonkontaklys. Erediensskakels en belangrike afkondigings word op ons WhatsApp groepe aangestuur. Hierdie groepe word slegs vir eenrigtingkommunikasie vanaf die...

read more
Rus

Rus

Gebedsmateriaal : Rus (Desember 2020 en Januarie 2021) Ons is opgewonde om die gebedsmateriaal vir die oorgang en begin van 2021 bekend te stel. Hierdie materiaal is in Engels en in Afrikaans beskikbaar. Kliek op die skakels om dit af te laai: Afrikaanse weergawe...

read more
Vakature: Jeugwerker

Vakature: Jeugwerker

Vakante pos: Jeugwerker Fontainebleau Gemeenskapskerk se Gemeenteraad het op die 18de November 2020 ‘n 1 Jaar kontrakpos vir ‘n jeugwerker goedgekeur. Termyn: 15 Januarie 2021 – 31 Desember 2021  Persoonlike profiel Iemand met ‘n liefde vir tieners ‘n Spanspeler met...

read more
Desember dienstye en reëlings

Desember dienstye en reëlings

Ons is tans in die seisoen van Advent. Advent bestaan uit die 4 Sondae voor Kersdag en word al van die 4de eeu gebruik as ‘n seisoen vir voorbereiding vir die Kersfeesvieringe. Van Sondag die 13de Desember tot 10 Januarie gaan ons dienste slegs aanlyn aangebied word....

read more
Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?

Hoe verskil ons van mekaar?   Volgelinge van Jesus kom partymaal tot verskillende gevolgtrekkings oor wat reg en verkeerd is. Een van die gedeeltes in die Bybel wat ons help om met hierdie realiteit te werk is Romeine 14:1-12. In 'n onlangse preek en Bybelstudie...

read more
Share This