Waardes en ons kinders
Die inperkingstyd gee vir ouers die geleentheid om sekere gesprekke met ons kinders te hê waarvoor daar soms nie genoeg tyd is nie. Ons het al voorheen na emosies gekyk. Watter gesprekke kan ons nog met ons kinders voer wat waardevol is? Dalk kan waardes ons help!
Santie Thomas is een van ons gemeentelede. Sy is ‘n Maatskaplike werker in privaatpraktyk en ook ‘n spelterapeut. Sy is die laaste paar jaar ook betrokke by Fontainebleau Laerskool waar sy saam met ‘n kollega ‘n program aanbied vir die skool om ‘n vasgstelde aantal waardes vas te lê as deel van die skool se kultuur om sodoende almal se gedrag en optrede teenoor mekaar positief te probeer beïnvloed.
Die waardes waarop sy die skool help fokus is:
- Respek
- Verantwoordelikheid
- Volharding
- Geduld
- Empatie
Santie sê,
Waardes gaan oor wie jy is as mens en wat jy gee aan ander. Waardes is die basiese reëls of standaarde waarvolgens elke mens sy lewe inrig. En dit is op die ou einde wat jou karakter bepaal.
In hierdie onderhoud vertel Santie oor die projek en gee praktiese advies vir ouers oor hierdie waardes gedurende die inperkingstyd.
Sy sê onder andere dat ons dalk as gesinne kan dink oor hoe ons sal wil hê ons gesin moet funksioneer:
– Ons kry dalk tyd om te wonder oor wat dit is wat regtig belangrik is. Wie ons as gesin is en wat ons gee aan ander?
– Hierdie tyd leer ons baie van geduld: Dit leer ons om verantwoordelik op te tree itv van sosiale veiligheid ter wille daarvan om lewens te spaar.
– Dit leer ons om Empatie te hê met ander wat saam met ons in die huis is. Te probeer verstaan hoe ander voel en hoe ander dink.
– Dit leer ons baie van Volharding – om aan te hou en moed te hou en planne te maak.
Jy is welkom om Santie hier te epos.
Luister hier na die onderhoud: