Ons wil graag in die gemeente ‘n spesifiek kultuur vestig van hoe ons gesprekke het en verhoudings vestig in ons gemeenskap en lewens. Hierdie beginsels is positiewe versterkings eerder as negatiewe beperkings (permissions vs prohibitions).
Gegewe die uitdagings met virtuele groepe, mag die volgende oorwegings behulpsaam wees (laat weet gerus in die kommentaar hieronder as jy aan nog oorwegings kan dink):
– Iemand moet die spasie hou. Iemand sal gesprekke veral aan die begin moet fasiliteer om spreekbeurte te allokeer. Wie is die fasiliteerder?
– Verwelkom die stiltes en die ongemakliheid. Ironies kan ons deur dit aan die begin te erken deelnemers help om meer gemaklik daarmee te wees. Daarom, laat toe dat die spasie “breathe” – jy hoef nie al die stiltes te probeer vul nie. Wees gemaklik met die realiteit dat dit ‘n nuwe medium vir almal is en sal tyd vat om aan gewoond te raak.
– As fasiliteerder is een van ons grootste rolle on die spasie te laat vloei en te help bestuur. Probeer met die “punches” te rol… konneksies gaan sleg wees, mense gaan in en uit log, mense gaan vergeet om hul mikrofone te mute… dis alles deel van die nuwe eksperiment.
– Geniet dit! Dis vreemd en snaaks en ongemaklik, maar dis great nuwe geleentheid om nuwe maniere te vind om mense te ontmoet in ons gedeelde reis saam die Here.
– Bring jou learnings terug na die tafel. Kom ons help mekaar leer wat werk en wat werk nie (gebruik sommer die “comments” hieronder – dan leer ons saam.
Hier is ons riglyne wat ons aan die begin van ‘n sessie sal wil vestig:
Bewaar die fontein: Ons prioriteit is God. Ons ontmoet omdat ons diep van die put van lewende water wil skep. Eer die spasie (vir jouself en ander). Kultiveer ‘n kultuur van verwondering: waarmee is God hier, nou besig? Wat is hier meer aan die gang as wat ek kan sien?
Respek vir elke persoon se reis: Ons almal is op koers saam met God; teen ons eie pas, met ons eie worstelinge. Ons respekteer die spasie en hou dit veilig deur vertroulikheid hoog op prys te stel, uitnodigend te wees eerder as eisend, nie mekaar te korrigeer, te “red”, te oordeel nie en nie raad te gee behalwe as ons gevra word nie. Dus, gee ook kans vir almal om hulle sê te kry steek jou hand op as jy iets wil sê (fisies of virtueel)
Wees braaf: Ons kies om eg te wees, oop te maak, kwesbaar te wees, uit ons hart (eeder as ons kop) te praat en van onsself te gee. Ons praat in die eerste persoon enkelvoud. Ons maak oogkontak – of as jy nie jou video aan wil sit nie, sê aan die begin hallo en laat weet die res van die groep dat dit jou plan is.
Skep oop sirkels: ons stel hoë klem op gasvryheid waar ons verskille verwelkom, waar ons saam eet, nuwe vriende maak. Ons skep sirkels, nie rye. Dialoog eerder as monoloog. Die groep is oop vir mense om aan deel te raak.
Beweeg en droom saam: Ons droom saam, leef kreatief en vrygewig ons lewens vanuit die bron van lewende water. Die spasies is kreatief geleenthede vir nuwe geleenthede om na ons en deur ons deur te breuk.
0 Comments