Word 'n dienaar in God se koninkryk

Vind jou Plek in FGK

Gebruik jou gawes in een van ons bedieininge in die gemeente. 

Ons gemeente se hartklop bestaan uit die groot verskeidenheid BEDIENINGE wat deur dienaars gelei word. Die bedieninge is ’n geleentheid vir elke lidmaat om kerk ’te wees’ en te dien. Ons dien mekaar as lidmate en ons dien ons gemeenskap na buite en dit is  hoe ons naasteliefde prakties uitleef. Ons is oortuig dat God ons elkeen uniek gemaak het met gawes, talente en ’n roeping. Ons droom van ’n gemeente waar elke lidmaat ‘ontvang’ en ‘gee’ volgens hoe ons gemaak is en waarvoor ons geroep voel. Ons bedieninge word ondersteun deur groepe en elkeen kan met groot vrymoedigheid deel word en inskakel.

"Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword." 
Fill 2:6-7

FGK BEDIENINGE

AKTUA (Seniors)

Brood Gewoonte

Bedieningsleier: Gesie Marshall

Aktua is 'n maandelikse gesellige kuier geleentheid vir ons seniors. Verwag heerlike saamkuier, eet, lag en geskerts.

BETEREINDERS

Boom & Brug Gewoontes

Bedieningsleier: Schalk van Heerden

Betereinders is ‘n onafhanklik-geregistreerde organisasie met Artikel 18A belasting status. Dit is ‘n voertuig om versoening en geregtigheid uit te leef. 

BIKO HUIS

Brug Gewoonte

Bedieningsleier: Johan Brits

Die Biko-huis is deel van ons geloofsgemeenskap wat ’n oorbruggingshuis vir kwesbare jongmense is op ons kerk kampus.

BLOMME-SPAN

Brood Gewoonte

Bedieningsleier: Estelle Langenhoven

Deur blomme skep ons 'n spasie van aanbidding en verwelkoming op 'n Sondag in ons liturgiese spasie.


BRING & GEE

Brug Gewoonte

Bedieningsleier: Magda Jooste

Bring en Gee is die liefdadigheidswinkel-winkel. Gemeentelede skenk items wat baie goedkoop aan behoeftiges verkoop word. Die inkomste word gebruik vir nood.

CLAREMONT

Brug Gewoonte

Bedieningsleier: Elize Wigget

Die groep is al jare lank betrokke in die ondersteuning aan behoeftige families in Claremont, veral in vorm van kospakkies. 

DIENSSPANNE

Brood Gewoonte

Bedieningsleier: Rozetta Viljoen

Diensspanlede is die ondersteuningsnetwerk van ons eredienste. Diensspanlede help met verwelkoming, 'n warm atmosfeer skep en verleen hulp met praktiese take in die liturgie. 

DVK

Klok Gewoonte

Bedieningsleier: Jacques Kruger

Die dienste-verhoudinge-komissie is verantwoordelik vir die gesondheid en funksionering van die personeelspan. 

eX (Hoërskool Jeug)

Brood Gewoonte

Bedieningsleier: Raynhard van Staden

Tydens die tiener-aanddiens fokus ons op God se woord en hoe dit relevant is in ons allerdaagse lewe en hoe ons dit kan toepas in Suid-Afrika in 2023. Tieners is welkom om vriende te nooi om saam te kuier. 

FASKOM

Boom Gewoonte

Bedieningsleier: Jaco de Witt

Ons doel is om ons Fasiliteite te omskep in “Kingdom pockets” - Ons droom dat ons spasies veilige, gasvrye spasies sal wees wat ten goede van gemeenskap kan wees. Plekke wat voed, wat omgee, wat bemagtig, loods en inspireer. ’n Gawe wat teruggee. 

FINKOM

Klok Gewoonte

Bedieningsleier: Jan Lombard

FINKOM is verantwoordelik vir die bestuur van die gemeente se begroting om ons volhoubaarheid en vrygewigheids-visie te kan uitleef.

FGK-Koor

Kragprop Gewoonte

Bedieningsleier: Trudi van Wyk

FGK se koor bestaan uit ongeveer 35 entoesiastiese koorlede. Deur die jaar word daar aan vierstemmige koorwerke gewerk sodat ons die erediens met ons sang kan verryk. Ons tree ook by ander gemeentes op.

GASVRYHEIDSGELEENTHEDE

Brood Gewoonte

Bedieningsleier: Jaco de Witt

By FGK stel ons gasvryheid hoog op prys as deel van ons roeping. Ons wil graag veilige, verwelkomende spasies skep waar mense tuis voel en kan betrokke word by ons gemeenskap. Dié span help om ons gemeenskap te bou, om mense op die periferie deel te maak van die middel en om ’n spasie te skep waar mense welkom voel, veral rondom etes.

GATHERING (Jong volwassenes)

Brood Gewoonte

Bedieningsleier: Jaco de Witt

Hierdie is ons bediening wat toegespits is op ons jong volwassenes (19-35 jaar oud). Ons ontmoet elke tweede Maandag aand om 18:30 in die kleinsaal, meestal rondom ’n vuur. Ons bespreek boeke en vidoes wat ons kan help in ons begeerte om Jesus in die kompleksiteit van Johannesburg in die 21ste eeue te volg.

GEBEDSBEDIENING

Kragprop Gewoonte

Bedieningsleier: Johan Nel

Die gebedsbediening bestaan om vir die gemeente se lief en leed te bid. Ons reël ook in die jaar gebedsretreats om ons gemeente te help met die kragprop gewoonte en hulle konneksie met God.

GEMEENTE BYBELSTUDIE

Kragprop Gewoonte

Bedieningsleier: Kerkkantoor

Gemeentelede kom by die kerkgebou bymekaar en kuier rondom die vorige Sondag se preekteks. Ons bespreek en delf dieper in die gesprek rondom die Sondagtema. 

GEMEENTERAAD

Legkaart Gewoonte

Bedieningsleier: Fielies van der Merwe

Die GR neem verantwoordelikheid vir onderskeiding en leiding van ons gemeente om haar uit te leef.

HOSPITAALBESOEKSPAN

Tas Gewoonte

Bedieningsleier: Lien Mostert

Die span se doel is om uit te reik na die siekes, hul te besoek en te bemoedig (beide tuis en in hospitale). Die span identifiseer en help soos moontlik met behoeftes.

KAPELDIENSTE

Kragprop Gewoonte

Bedieningsleier: Jean Pelser

Ons nooi jou graag uit na ons kapelstildiens om saam in ons ou kapel te kom sit vir stilgebed en begeleide stildienste.

KIDSkerk (Voor- & Laerskool Jeug)

Brood Gewoonte

Bedieningsleier: Corinne Botha

Hierdie bediening bestaan om, deur liefdevolle begeleiding, vir kinders 4jaar - gr - 7 (Voorskool & Laerskool) 'n solide teologiese basis te bou.

KLANKSPAN

Legkaart Gewoonte

Bedieningsleier: Raynhard van Staden

Die klankspan bestaan om die liturgiese aksies en ruimtes se kwaliteit te ondersteun deur die klank van prediker, musiekspan en ander liturgiese deelnemers te balanseer en optimaal te laat klink en oordra aan die gemeente. Sodoende help die span om 'n ontmoeting met God, sonder steuringe te fasiliteer.

KLEINGROEPE

Brood Gewoonte

Bedieningsleier: Kerkkantoor

Ons kom bymekaar op 'n weeklikse basis om saam te groei, mekaar aan te moedig tot goeie werke. Ons is van die oortuiging dat ons geroep is om God te beliggaam. Ons droom saam, leef kreatief en vrygewig met ons lewens vanuit die bron van lewende water.

KOMMUNIKASIESPAN

Puzzle Gewoonte

Bedieningsleier: Tom Smith

Dit is 'n nuwe span wat ons by die gemeente wil vestig wat verantwoordelikheid kan neem vir alle kommunikasie, media en ontwerp by die gemeente. As jy vaardighede het in die veld van kommunikasie, webtuistes, klank en visuele opnames, kontak ons asseblief. 

KOSPAKKIES IN ALEXANDRA

Brug Gewoonte

Bedieningsleier: Alexis Kahts

Ons voed 50 gesinne wat weens HIV nie ouers het nie .

KREATIEWE-DIENSPEPLANNING

Kragprop Gewoonte

Bedieningsleier: Lollie Smith & Julani Visagie

Die klankspan bestaan om die liturgiese aksies en Om ons eredienste op ‘n relevante en kreatiewe manier te ondersteun kom hierdie span weekliks bymekaar om die dienste van die maand se kreatiewe elemente te beplan. se kwaliteit te ondersteun deur die klank van prediker, musiekspan en ander liturgiese deelnemers te balanseer en optimaal te laat klink en oordra aan die gemeente. Sodoende help die span om 'n ontmoeting met God, sonder steuringe te fasiliteer.

LANGTAFEL

Brug Gewoonte

Bedieningsleier: Jaco de Witt

Langtafel is ’n twee weeklikse geleentheid op Maandae aande vanaf 18:00-20:00 in die Kleinsaal waar ons saam Biko huis en Martha straat ’n ete aanbied vir en saam met die gemeente. Dis ’n tafel waar ons brûe bou, ons lewens deel en saam kuier. Ons probeer die afstand tussen ons naaste, wat nog vêr is, kleiner maak. 

MAANLIG MAKITI

Brood Gewoonte

Bedieningsleier: Alida Wilson

Makiti 2023 vind die jaar op 19 Mei plaas. Dit is 'n fondsinsamelings-inisiatief vir die gemeente waar ons saam eet en kuier.

MARTHA STRAAT KINDERHUIS

Boom Gewoonte

Bedieningsleier: Michelle de Witt

Die komitee het 'n vriendelike vennootskap met Abraham Kriel Bambanani om ondersteuning te bied aan MS90. Die komitee bestuur oor die Brughuis projek wat verblyf verskaf aan jongmense vanuit die Kinderhuis en Biko-huis.

MULTIMEDIA BEDIENING

Legkaart Gewoonte

Bedieningsleier: Corinne Botha

Die multimediaspan bestaan om die multimedia wat tydens 'n Erediens gebruik word, te koördineer. Sodoende help die span om 'n ontmoeting met God te fasiliteer. 

MUSIEKSPAN

Kragprop Gewoonte

Bedieningsleier: Marlê van Heerden

Die musiekspan bestaan om deur musiek 'n spasie te skep vir aanbidding en ontmoeting met God, asook om die gemeente in sang te begelei. 

ROBOTSPAN

Brug Gewoonte

Bedieningsleier: Bruce Barker

Ons bou verhouding met haweloses en verslaafdes.

THE BRIDGE KOFFIEWINKEL

Boom Gewoonte

Bedieningsleier: Malebo Pharoe

‘The Bridge’ koffiewinkel kyk ook na die haweloses, deur drinkgoed en Nkosi maaltye te verskaf.

VROUEBEDIENING

Brood Gewoonte

Bedieningsleier: Lizzie Mammes

Ons gemeente het ‘n aktiewe vrouebediening wat mekaar ondersteun en weekliks bymekaar kom op ‘n Woensdag voor Bybelstudie. 

Dalk het jy eers 'n paar vrae? Of wil moontlik eers 'n gesprek met iemand hê? 

Ons sal baie graag saam jou 'n pad wil stap om meer duidelikheid te gee aan ons bedieninge en hoe jy moontlik jouself kan uitleef.