KIDSkerk (Graad 1 - 7)

Sondae 09:00 - 10:00

Sondae-kinderkerkdiens
Die kinderkerkdiens vind op Sondae tydens die Erediens tussen 09:00 - 10:00 plaas. Ons begin die diens deur 'n ontmoeting met God te fasiliteer deur 'n lekker aanbiddingsoomblik en spesiale ouderdomsgepaste-groepsmoment en preek waar kinders leer hoe om direk met God te praat en 'n persoonlike verhouding met Hom kan groei. Daarna verdeel kinders in graadverband op waar dienaars weekliks (tydens die skoolkwartaal) verdere besprekings fasiliteer rondom die reeks tema. Daar is 4 verskillende dienaars wat roteer per graad, en ouers word aangemoedig om die dienaars te leer ken. Ons gaan in die jaar 2023 van die materiaal genaamd GROW Kirrikulum (www.https://growcurriculum.org) gebruik maak.

Graad 1 - 7 kinders kan vanaf 8:45 deur hul ouers/voodge in die Grootsaal ingeteken word. Vir kinders se veiligheid word hul in- en uitgeteken deur ouers.

Vrydae-bybelstudie (Gr 6 & 7)
Daar word 6 keer 'n jaar van 15:00 - 16:30 'n byeenkoms aangebied waar graad ses en sewe kinders die geleentheid kry om saam te eet, kuier en bybelstudie te hou. Hierdie sessies word behartig deur verskeie FGK-personeellede.

Reeks temas

BLAST OFF

'n 4-Week reeks uit die Evangelies oor Geestelike Gewoontes. Ons gaan leer hoe ons geestelik kan groei deur tyd met God te spandeer, tyd met mekaar te spandeer, ons talente en gawes te gebruik en ons stories te deel.

HOW TO

'n 4-Week reeks uit die Nuwe Testament oor Jesus se stories en verhale waar ons vier vaardighede wat Jesus vir ons kom wys het gaan leer.


HEROIC

'n 4-Week reeks uit die Nuwe Testament oor die vroeë kerk waar ons gaan gesels oor die eerste ”heroes” van die in die bybel en hoe ons elkeen geroep is om ook , soos hulle, braaf te wees.

CHANGING GEARS

'n 4-Week reeks uit die Nuwe Testament oor Jesus se bediening. Ons gaan meer leer oor vier kere waar Jesus die wêreld verander het en hoe Hy tot vandag toe steeds goed verander.

STAYCATION!

'n 5-Week reeks uit Genesis oor Abraham en sy gesin waar ons gaan gesels oor hoe God hulle geroep en gebruik het.

Hear me Roar

'n 5-Week reeks uit die Ou Testament oor Daniël waar ons gaan oefen om braaf te wees omdat God elke dag by ons is.

MEASURE UP

'n 4-Week reeks uit Matteus oor Jesus se lewe en bediening waar ons gaan leer hoe Jesus groot geword het en hoe Hy ons wil help om ook groot te word.

WONDER-FULL

'n 4-Week reeks uit die boek van Psalms oor Aanbidding waar ons gaan ontdek hoe om ons hart, lewe en dade te gebruik ter ere van God.

BEHIND THE SCENES

'n 4-Week reeks uit die Ou Testament oor Esther waar ons begin opbou na die storie van Kersfees.

MAKE OR BREAK IT

'n 4-Week reeks uit Genesis oor die skepping en menslikheid waar ons gaan leer hoe God die hele wêreld en ook elkeen van ons spesiaal gemaak het.

ANIMATED

'n 4-Week reeks uit die Ou Testament oor die profete waar ons gaan gesels oor wat Jeremia, Jona, Elisa & Nehemia vir ons oor ons eie emosies kan leer.

CITY OF ANGELS

'n 4-Week reeks uit die Evangelies oor Kersfees waar ons leer hoe God engele gestuur en gebruik het om belangrike boodskappe te bring tydens Jesus se geboorte storie.

Familie pretdae

Tydens die familie pretdae wat by die kerkgebou aangebied word, skep ons geleentheid vir ouers en kinders om tyd saam met mekaar en saam met ander gesinne te spandeer.

Die datums vir die volgende familie pretdae loop as volg:
21 Januarie 2024 - Registrasie vir KIDSkerk en Tieners. Kom braai lekker saam!
10 Mei 2024 - Makiti
16 Desember 2024 - Laêr trek in township saam met Betereinders

Vakansie Fees (24 - 28 Junie)

FGK se Vakansie Fees word aangebied tydens die Junie/Julie skoolvakansie. Hierdie jaar se tema is ON THE CASE. Ons het dikwels groot vrae oor hoe ons, ons geloof kan laat groei, hoe om vir ander te sorg, te dien en lief te hê. Om geestelik te groei hoef nie 'n onopgeloste raaisel te wees nie! Ons gaan tydens die Vakansie Fees saam met die kinders as speurders reis terwyl ons dieper delf in 'n paar van Jesus se gelykenisse om die raaisels op te los. Ons gaan ontdek dat die antwoorde nog altyd reg voor ons was: spandeer tyd saam met God, spandeer tyd saam met mense, gebruik jou gawes en deel jou storie.
Die koste sluit etes, aktiwiteite en alle benodigdhede in en is R550 per laerskool kind, en R650 per tiener.

Datum: 24.- 28 Junie (die middelste week van die Junie/Julie skoolvakansie)
Tye: Daagliks van 09:00 - 14:00

Het jy vrae?

Ons hoop dat jy na die lees van hierdie bladsy, alles weet oor wat KIDSkerk is en hoe die formasie van graad 1-7 by FGK werk, maar indien jy nog 'n vraag of voorstel het kan jy gerus met ons gesels. Ons wil graag help om al jou vrae te beantwoord, en is altyd opsoek na maniere om te verbeter. Ons sal graag van jou wil hoor.