Ek's nuut, vertel my méér!

Baie welkom by Fontainebleau Gemeenskapskerk!

Fontainebleau Gemeenskapskerk is 'n Nederduitse-Gereformeerd kerk in die Ring van Linden. Ons het in die laat 1990's 'n naamsverandering ondergaan vanuit ons oortuiging dat God Drie-enig ons nooi en roeping om 'n kerk in die gemeenskap te wees, vir die gemeenskap. Ons bestaansreg is opgesluit daarin om deel te neem aan God se transformerende werk om ’n nuwe wêreld te bewerkstellig.

 Een van ons top waardes is gasvryheid en ons sal  graag wil seker maak jy vind 'n tuiste in ons kerkgemeenskap. Ons sal jou graag wou aanmoedig om met ons kontak te maak met ons na 'n erediens sodat ons jou kan leer ken of 'n epos te stuur om 'n koffie te reël. Die beste manier om meer uit te vind oor ons kerk is om na 'n Lidmaatskapgesprek te kom waar jy die hele span kan ontmoet, meer kan uitvind oor ons waardes, ons bedienings aanslag, pad vorentoe en ook vrae kan vra.

Vul asseblief die volgende vorm in in te skryf vir ons volgende Lidmaatskapgesprek:
Indien jy reeds tuis voel en 'n lidmaat wil word, vul asseblief die volgende vorm in om aan te meld by ons gemeente deur die skakel te volg:

Ek is nuut, vertel my méér!