Wees 'n dienaar in God se
kerk en koninkryk

Vind jou Plek in FGK

Gebruik jou gawes in een van ons bedieininge in die gemeente. 

Ons gemeente se hartklop bestaan uit die groot verskeidenheid BEDIENINGE wat deur dienaars gelei word. Die bedieninge is ’n geleentheid vir elke lidmaat om kerk ’te wees’ en te dien. Ons dien mekaar as lidmate en ons dien ons gemeenskap na buite en dit is  hoe ons naasteliefde prakties uitleef. Ons is oortuig dat God ons elkeen uniek gemaak het met gawes, talente en ’n roeping. Ons droom van ’n gemeente waar elke lidmaat ‘ontvang’ en ‘gee’ volgens hoe ons gemaak is en waarvoor ons geroep voel. Ons bedieninge word ondersteun deur groepe en elkeen kan met groot vrymoedigheid deel word en inskakel.

"Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword." 
Fill 2:6-7

Geleenthede om te dien

Aanbidding en musiekspan
Die musiekspan bestaan om deur musiek 'n spasie te skep vir aanbidding en ontmoeting met God, asook om die gemeente in sang te begelei.

Kontak vir Jaco by jaco@fgk.co.za vir 'n gesprek en oudisie
Blomme Span
Deur blomme skep ons 'n spasie van aanbidding en verwelkoming op 'n Sondag in ons liturgiese spasie.

Kontak Estelle om deel te raak van hierdie bediening. 
Erediens verwelkoming- en diensspan
Diensspanlede is die ondersteuningsnetwerk van ons eredienste. Diensspanlede help met verwelkoming, 'n warm atmosfeer skep en verleen hulp met praktiese take in die liturgie.

Kontak vir Jean om deel te raak van hierdie span by jean@fgk.co.za
Diensverhoudingskomissie
Die diensteverhoudinge-komissie is verantwoordelik vir die gesondheid en funksionering van die personeelspan. Indien jy professionele vaardighede het om te bied vir die gemeente rondom Menslike hulpbron bestuur en ontwikkeling, kontak asseblief vir Alouette Barker by alouettebarker@gmail.com
Faskom
Ons doel is om ons Fasiliteite te omskep in “Kingdom pockets” - Ons droom dat ons spasies veilige, gasvrye spasies sal wees wat ten goede van gemeenskap kan wees. Plekke wat voed, wat omgee, wat bemagtig, loods en inspireer. ’n Gawe wat teruggee.

As jy goed is met jou hande en kan help om ons kampus droom verder uit te bou, kontak gerus vir Alex Scott by alexd.scott18@gmail.com om deel te raak van hierdie span
Finkom
FINKOM is verantwoordelik vir die bestuur van die gemeente se begroting om ons volhoubaarheid en vrygewigheids-visie te kan uitleef.
Indien jy kan jou gawe en vaardighede hier kan uitleef, kontak asseblief vir Fielies van der Merwe by fielies.vdmerwe24@gmail.com
Gasvryheid span
By FGK stel ons gasvryheid hoog op prys as deel van ons roeping. Ons wil graag veilige, verwelkomende spasies skep waar mense tuis voel en kan betrokke word by ons gemeenskap.
Ons wil graag 'n span bou wat kan help om ons gemeenskap te bou, om mense op die periferie deel te maak van die middel en om ’n spasie te skep waar mense welkom voel, veral rondom etes en kuiers.

Kontak vir Jaco by jaco@fgk.co.za om deel te raak van hierdie span
Gebedsbediening
Die gebedsbediening bestaan om vir die gemeente se lief en leed te bid. Ons reël ook in die jaar gebedsretreats om ons gemeente te help met die kragprop gewoonte en hulle konneksie met God.

Kontak vir Jean by jean@fgk.co.za om deel te raak van hierdie bediening
Hospitaalbesoekspan
Die span se doel is om uit te reik na die siekes, hul te besoek en te bemoedig (beide tuis en in hospitale). Die span identifiseer en help soos moontlik met behoeftes.

As jou gawes in hbierdie areas lê, kontak vir Jean by jean@fgk.co.za vir 'n gesprek
Klankspan
Die klankspan bestaan om die liturgiese aksies en ruimtes se kwaliteit te ondersteun deur die klank van prediker, musiekspan en ander liturgiese deelnemers te balanseer en optimaal te laat klink en oordra aan die gemeente. Sodoende help die span om 'n ontmoeting met God, sonder steuringe te fasiliteer.

Kontak vir Ray@fgk.co.za om deel te raak van die span
Kommunikasie span
Dit is 'n nuwe span wat ons by die gemeente wil vestig wat verantwoordelikheid kan neem vir alle kommunikasie, media en ontwerp by die gemeente. As jy vaardighede het in die veld van kommunikasie, webtuistes, klank en visuele opnames, kontak Jaco asseblief by jaco@fgk.co.za


Kospakkies vir Alexandra
Ons voed 50 gesinne wat weens HIV nie ouers het nie. Kom help om een keer per maand op 'n Saterdag saam kospakkies te pak.

Kontak vir Alexis by alexiskahts@gmail.com om deel te raak hiervan
Kreatiewe diensbeplanning
Die klankspan bestaan om die liturgiese aksies en Om ons eredienste op ‘n relevante en kreatiewe manier te ondersteun kom hierdie span weekliks bymekaar om die dienste van die maand se kreatiewe elemente te beplan. se kwaliteit te ondersteun deur die klank van prediker, musiekspan en ander liturgiese deelnemers te balanseer en optimaal te laat klink en oordra aan die gemeente. Sodoende help die span om 'n ontmoeting met God, sonder steuringe te fasiliteer.
Makiti 2025
Makiti 2025 vind die jaar op 16 Mei plaas. Dit is 'n fondsinsamelings-inisiatief vir die gemeente waar ons saam eet en kuier en ook ons deure oopgooi om met ons gemeenskap te kuier 

Kontak vir Alida Wilson by alidawilson.aw@gmail.com
Martha straat Kinderhuis (MS90)
Die komitee het 'n vriendelike vennootskap met Abraham Kriel Bambanani om ondersteuning te bied aan MS90. Die komitee bestuur oor die Brughuis projek wat verblyf verskaf aan jongmense vanuit die Kinderhuis en Biko-huis.

Kontak Michelle by chelgroen@gmail.com vir 'n gesprek
Multimedia Bediening
Die multimediaspan bestaan om die multimedia wat tydens 'n Erediens gebruik word, te koördineer. Sodoende help die span om 'n ontmoeting met God te fasiliteer.

Kontak Corinne by jeug@fgk.co.za om meer uit te vind
Robotspan
Ons bou verhouding met haweloses en verslaafdes. Kontak vir Bruce Barker as jy 'n hart het omhier betrokke te raak by bruce.barker@solidbridge.co.za


Ander FGK inisiatiewe

Biko huis
Biko huis is 'n huis vir weerlose skoolverlaters wat die geleentheid kort vir 'n stabiele huis of platform om hulle lewens op koers te kry.
Kontak Malebo by admin@betereinders.co.za om meer hieroor uit te vind. 
Bring en Gee
Bring en gee is 'n inisiatief waar gemeentelede hulle gebruikte goedere wat steeds bruikbaar is na die kerk toe bring. Hierdie items word dan gesorteer en weer verkoop aan behoeftige mense en die opbrengs word benut om ons gemeenskap te dien.

Bring gerus jou items na die koffie winkel van waar Esther en Junior seker sal maak dit kom by die regte plek uit. 
The Bridge Koffie Winkel
Die Bridge Koffie winkel is elke weeksdag oop van 08:00-15:00. Dit is 'n spasie om vriendskappe te bou, te rus en selfs bietjie te kom werk weg van die huis af.
Esther sal mooi na jou kyk!