Lidmaatskapsgesprek

Never doubt that a small group of thoughtful, committed people can change the world. Indeed it’s the only thing that ever has!
- Margaret Mead

FGK se rede vir bestaan is in die naam opgesluit: om ’n Gemeenskapskerk te wees! In die gemeenskap, vir die gemeenskap. Ons wil gemeenskap wees wat deur God gebruik word; ons deel te neem aan God se transformerende en redemptive werk om ’n nuwe wêreld te bewerkstellig. Ons glo daar is iets aan die kerk dat sy nie vir haar eie belang bestaan nie, maar gerig is na “buite”; georienteer verby haar eie “grense” en selfbelang.

As kerkgemeenskap wil ons graag gesprekke voer wie ons geroep is om te wees? Wat ons gemeenskaplike gawe(s) is? En wat ons van mekaar verwag? Ons wil bymekaar kom om te droom, te onderskei, te oefen en om mekaar aan te spoor tot goeie werke.
Soos Amos sê: "Loop twee saam sonder dat hulle afgespreek het?"
By FGK wil ons graag saam afspreek om die pad saam te stap. Ons glo dit is belangrik om  saam  ooreen te kom om die pad saam te stap.

Indien  jy nuut is in ons gemeente, of dalk soekend is, of dalk wil jy net eers meer  uitvind wie ons is, of,  dalk is jy al  lank deel en wil dalk opnuut jouself oriënteer!
Ons sal jou baie graag  wil uitnooi om saam te kom praat deur 'n Lidmaatskap gesprek by te woon.

Vul asseblief die vorm in om meer uit te vind en/of jou plek te bespreek.