Uitreik fokus op
Uitreike by FGK
‘Uitreik’ nie net iets wat ons doen nie, maar ’n ingesteldheid wat dui dat ons nie vir onsself bestaan nie.
Ons is geroep om die Goeie Nuus sigbaar te maak in ons doen en late.
Dit beteken dat ons na buite beweeg én ook na binne, om in ons DNS te verander deur versoening en geregtigheid te modeleer.
Versoening se simbool is ’n BRUG, wat dui op verstes wat naastes word. Die jong mense praat sommer van maatjies maak of ’saam staan’.
Geregtigheid se simbool is ’n BOOM, wat dui op verskil maak. Hier gaan dit oor die verligting van armoede sodat ons land gesond en veilig kan word.
Ons praat van ’saam werk’.

Betereinders: Wees Een
Ons is in verhouding met Betereinders NPC wat ons strategiese vennoot is met die uitleef van hierdie roeping tot tasbare liefde en ’n evangelie wat soos goeie nuus voel, veral vir weerlose mense. Betereinders het 18A belastingstatus en dus ’n voordeel vir individue en maatskappye in terme van belasting. Die voordeel van Betereinders as vennoot is dat dit ons as kerk help met publieke getuienis. Ons nooi veral Afrikaners in na ’n deelname en ’n tuiskoms in Suid Afrika. Betereinders skep vars taal vir ou Bybelse waarhede. Die leuse is: Wees Een. Die drie waardes sê Betereinders kla nie, doen goed, werk saam met almal.
Handelinge 1:8 rig ons fokus: “julle sal getuies wees in Jerusalem, Judea, Samaria en tot in die uithoeke.” Dit beteken: Fontainebleau, Windsor, Randburg, Gauteng, Suid-Afrika, Suider Afrika en die hele wêreld. As gemeente en organisasie kies ons sekere projekte om as voorbeelde en intreegeleenthede te dien. Hierdie geselekteerde projekte is belangrik, maar die groot opgewondenheid is dat gemeentelede hulle eie inisiatiewe sal ondersteun en begin, daar waar hulle woon en werk.
Ons het ’n komitee wat verantwoordelikheid dra vir alle uitreik sake en die naam is UITKOM. Tans is die Voorsitter Bruce Barker en onder-Voorsitter Alexis Kahts. Daar is ook 10 Herders, een vir elke area van Uitreik soos hieronder verduidelik:

Die 10 stappe van FGK se uitreike
VERSOENING (STAAN SAAM)
Ekwerk: Selfondersoek en voor jou eie deur skoonvee (CJ)
Praatsaam: Swartmense&Witmense praat saam oor belangrike dinge (Dirk Coetser)
Braai saam: Braai en Eet oor kleurgrense heen (Eben)
Een-tot-een verhoudings: Leer om egte vriendskappe te kweek (Annalida Groenewald)
Taakspanne: Gemengde groepe wat normale dinge saam doen (Joop Brown)

GEREGTIGHEID (WERK SAAM)
Die met geld gee geld: Finansiele bydraes en skenkings (Carl Schelhase)
Noodverligting: Barmhartigheid deur mededeelsaamheid (Lizzie Mammes)

Vaardighede: Mense toerus om na hul self te kyk (Raynhard van Staaden)
Kleinbesighede: Help mense om self geld te verdien deur mikro-besighede (Linchen)
Boerdery: Saam werk aan voedselsekuriteit en grond (Johan Klokow)16 Desember Laer Trek
Dis lekker, dis veilig, kom saam.
2020
2021
2022
2023