Kom maak jouself tuis
Ons gemeente het regitg 'n gawe en liefde vir gasvryheid. Ons wil baie graag die kleindorpie gevoel skep in die groot stad. Kom tuis deur in een van die kleiner gemeenskappe betrokke te raak en jou lewe te begin deel.
Kyk gerus hier onder na groepe wat gereeld ontmoet.
As jy onseker is waar om in te skakel, kan jy gerus die skakel hieronder gebruik om 'n koffie te reël met een van ons spanlede:
Kyk gerus hier onder na groepe wat gereeld ontmoet.
As jy onseker is waar om in te skakel, kan jy gerus die skakel hieronder gebruik om 'n koffie te reël met een van ons spanlede:
Geleenthede vir Saamwees en Verhoudingsbou
Belydenisklas 2025
Ons nooi graag ons voornemende belydenis aflegging kandidate om spoedig te registreer vir hierdie jaar se belydenisklas.
Kontak vir jaco@fgk.co.za om te registreer
Kontak vir jaco@fgk.co.za om te registreer
KIDSkerk (Voor- & Laerskool Jeug)
Hierdie bediening bestaan om, deur liefdevolle begeleiding, vir kinders 4jaar - gr - 7 (Voorskool & Laerskool) 'n solide teologiese basis te bou.
Kontak vir Corinne by jeug@fgk.co.za om jou kind te registreer.
Kontak vir Corinne by jeug@fgk.co.za om jou kind te registreer.
eX (Tienerbediening)
Tydens die tiener-Sondagaand om 17:30 diens fokus ons op God se woord en hoe dit relevant is in ons allerdaagse lewe en hoe ons dit kan toepas in Suid-Afrika in 2025. Tieners is welkom om vriende te nooi om saam te kuier.
Kontak vir Raynhard by ray@fgk.co.za
Kontak vir Raynhard by ray@fgk.co.za
The Gathering - Studente en Jong Volwassenes
Hierdie is ons bediening wat toegespits is op ons studente en jong volwassenes (19-35 jaar oud). Ons ontmoet elke Sondag aand om 17:30 by die A-raam, meestal rondom ’n vuur. Ons begeerte is om Jesus in die kompleksiteit van Johannesburg in die 21ste eeue te volg.
Hierdie geleentheid geskiet in engels.
Kontak Jaco vir meer informasie by jaco@fgk.co.za
Hierdie geleentheid geskiet in engels.
Kontak Jaco vir meer informasie by jaco@fgk.co.za
Gemeente Bybelstudie
Almal is welkom om Woensdae om 12:00 (tydens die skool kwartaal) in die konsistorie bymekaar te kom en te kuier rondom die vorige Sondag se preekteks. Ons bespreek en delf dieper in die gesprek rondom die Sondagtema.
Kapeldienste
Ons nooi jou graag uit na ons kapelstildiens om saam in ons ou kapel te kom sit vir stilgebed en begeleide stildienste.
Kapeldienste is elke Woensdag om 13:00
Kapeldienste is elke Woensdag om 13:00
Langtafel
Langtafel is ’n twee weeklikse geleentheid op Maandae aande vanaf 18:00-20:00 in die Kleinsaal waar ons saam Biko huis en Martha straat ’n ete aanbied vir en saam met die gemeente. Dis ’n tafel waar ons brûe bou, ons lewens deel en saam kuier. Ons probeer die afstand tussen ons naaste, wat nog vêr is, kleiner maak.
Kontak gerus vir Isa van Schalkwyk om deel te raak van hierdie twee weeklikse geleentheid:
Kontak gerus vir Isa van Schalkwyk om deel te raak van hierdie twee weeklikse geleentheid:
The Village - Ouers met klein kinders
Hierdie is 'n groep vir ons ouers met klein kinders. Ons kuier saam, leer saam en probeer hierdie fase van ons lewens saam aanpak. Kontak vir Schalk by schalk@fgk.co.za vir meer inligting.
Vrouebediening
Ons gemeente het ‘n aktiewe vrouebediening wat mekaar ondersteun en weekliks bymekaar kom op ‘n Woensdag voor Bybelstudie.
Kontake gerus vir LIzzie Mammes om in te skakel - mailto:lizziemammes01@gmail.com?subject=FGK%20Vrouebediening
Of volg die skakel om deel te raak van die Whatsapp groep
Kontake gerus vir LIzzie Mammes om in te skakel - mailto:lizziemammes01@gmail.com?subject=FGK%20Vrouebediening
Of volg die skakel om deel te raak van die Whatsapp groep