ONTMOET ONS GEMEENTERAAD

FGK se Gemeenteraad is ons onderskeidende en strategiese liggaam wat maandeliks ontmoet om saam te luister, te bid en te dink oor God se werking in ons gemeente en gemeenskap.  
As jy enige vrae het oor die gemeente, of dieper saam wil reis, praat gerus met enige van hierdie lekker mense. 

Alex Scott

Voorsitter

Allouette Barker

Onder-voorsitter

Daantjie Smit

Alexis Kahts

Annalida Groenewald

Jaques Kruger

Jan Lombard

Izak Kriel

Lizette Brown

Lizzie Mammes

Jean Pelser

Vian Ferreira

Jaco de Witt

Leraar en Spanleier

Schalk van Heerden

Diensleraar & Betereinders

Tom Smith

Preekspan

ONTMOET DIE PERSONEELSPAN

Jaco de Witt

Leraar en Spanleier

Jaco is by die gemeente sedert 2019. Hy is getroud aan Michelle en hulle het 'n
 baba dogter, Mikah. Hy hou van kreatiwiteit (in al haar vorms), nuwe idees, en is 'n skaamtelose koffie snob.  Hy hou van die buitelewe, padel, hike en om nuwe goed te probeer. 

Tom Smith

Preekspan

Tom is getroud met Lollie. Saam met hulle kinders Tayla en Liam leer hulle wat dit beteken om as dissipels van Jesus die avonture van die koninkryk te leef. Tom is lief vir die buitelewe en is baie tevrede met 'n visstok in sy hand of om staproetes te beleef. Hy geniet ook lees en gesels oor 'n koppie koffie. Tom is voltyds by die Kuratorium waar hy hoof is van Voortgesette Bedienings Onderrig (VBO) vir die NG kerk. Hy is op ons preekspan en 'n lid van ons Gemeenteraad.

Schalk van Heerden

Diensleraar en Betereinders

Na 20 jaar in Mosambiek, plakkerskampe en middestad bly hy nou heerlik in Fontainebleau. Getroud met Marlé, is pa van Schalk nommer 6 en klein Christiaan, het twee hondjies, Apie en Skapie. Sy roeping is om as brug te dien en geregtigheid te bevorder en daarom is hy ook betrokke by Betereinders. Hy hou van bome, perde, skryf en bad.

Corinne Botha

Voorskool & Laerskool Bediening

Corinne raak vreeslik opgewonde oor die klein dingetjies in die lewe. Sy is lief vir avonture en moet elke nou en dan iets nuuts hê om te probeer. Sy het 'n groot liefde vir mense en swieties en het altyd tyd vir 'n geselsie of grappie.

Raynhard van Staden

Hoërskool bediening

Raynhard is getroud met Marzaan.  Raynhard het 'n passie vir tieners.  Hy was vir sy hele lewe al betrokke in kerk en musiekbedienings.  Hy was vir 11 jaar 'n voltydse musiekonderwyser. Raynhard is stout vir 'n stukkie braaivleis, bosveld, en hou miskien 'n bietjie te veel daarvan om kaalvoet rond te loop.

Jean Pelser

Administreerder en Deeltydse Diensleraar

Jean is 'n Diensleraar asook die Administrateur by FGK se kerkantoor en is verantwoordelik vir verhurings en kerkkantoor-administrasie. Hy is getroud met Liezel. Jean het 'n passie vir geestesgesondheid, narratiewe terapie en roei graag by die gym.

Samantha Bantam

Verhurings en Fasiliteite bestuurder

Hi! Ek is Samantha Bantam, noem my Sam! Ek is getroud met Brandon. Ons het ’n kat ( Luna ) en 'n hond ( Fiela ) Hulle is albei reddingsdiere.
Ek is ’n mense-georiënteerde persoon.  Ek hou baie daarvan om te help en by te dra. Ek is prakties en hou daarvan om self betrokke te wees. Ek hou ook daarvan om groot te droom, partykeer n bietjie te groot!
Ek geniet dit om ruimtes te versier, te organiseer en te skep wat inspireer. Dus is ek baie lief daarvoor om troues en events te reel, dit maak my hart bly!  Ek is mal oor kos en om nuwe restaurante uit te probeer, en ek is dalk effens verslaaf aan kafeïen – dit is my gelukkige plek!
My stokperdjies sluit hardloop, stap en swem in, asook om nuwe plekke te verken. Ek en my man hardloop en stap ook graag saam met Fiela.