Voorskool (4 - 6 jaar)

Sondae 09:00 - 10:00

Die kinderkerkdiens vind op Sondae tydens die Erediens tussen 09:00 - 10:15 plaas. Dienaars bied weekliks (tydens die skoolkwartaal) 'n les vanuit die Kids eXpress kurrikulum 'Dapper Stappers' aan.

Voorskool-kinders kan vanaf 8:45 by hul klassie in die Grootsaal ingeteken word. Daar sal een gesamentlike les wees vir Gr.R en Gr.RR. Ouers is welkom om die les saam met hul kind/kinders by te woon totdat hul gemaklik voel met die klas. Daar sal 1 lesaanbieder diennaar en 2/3 assistente aan diens wees elke week. Vir kinders se veiligheid word voorskool-kinders in- en uitgeteken deur ouers.

Familie pretdae

Tydens die familie pretdae wat by die kerkgebou aangebied word, skep ons geleentheid vir ouers en kinders om tyd saam met mekaar en saam met ander gesinne te spandeer.

Die datums vir die volgende familie pretdae loop as volg:
21 Januarie 2024 - Registrasie vir KIDSkerk en Tieners. Kom braai lekker saam!
10 Mei 2024 - Makiti
16 Desember 2024 - Laêr trek in township saam met Betereinders

Vakansie Fees (24 - 28 Junie)

FGK se Vakansie Fees word aangebied tydens die Junie/Julie skoolvakansie. Hierdie jaar se tema is ON THE CASE. Ons het dikwels groot vrae oor hoe ons, ons geloof kan laat groei, hoe om vir ander te sorg, te dien en lief te hê. Om geestelik te groei hoef nie 'n onopgeloste raaisel te wees nie! Ons gaan tydens die Vakansie Fees saam met die kinders as speurders reis terwyl ons dieper delf in 'n paar van Jesus se gelykenisse om die raaisels op te los. Ons gaan ontdek dat die antwoorde nog altyd reg voor ons was: spandeer tyd saam met God, spandeer tyd saam met mense, gebruik jou gawes en deel jou storie.
Die koste sluit etes, aktiwiteite en alle benodigdhede in en is R550 per laerskool kind, en R650 per tiener.

Datum: 03 - 07 Julie 2023 (Maandag - Vrydag)
Tye: Daagliks van 09:00 - 14:00

Het jy vrae?

Ons hoop dat jy na die lees van hierdie bladsy, alles weet oor wie die voorskool-groep is en hoe die voorskoolse-formasie by FGK werk, maar indien jy nog 'n vraag of voorstel het kan jy gerus kontak maak met ons. Ons wil graag help om al jou vrae te beantwoord, en is altyd opsoek na maniere om te verbeter. Ons sal graag van jou wil hoor.