Wat gebeur by FGK?

10 Mei

Maanlig Makiti

Makiti 2024 vind die jaar op 10 Mei plaas. Dit is 'n fondsinsamelings-inisiatief vir die gemeente waar ons saam eet en kuier.
Kontak: Jaco de Witt - jaco@fgk.co.za 

24-28 Junie

Vakansiefees

Datum: die middelste week van die Junie/Julie skoolvakansie
Tye: Daagliks van 09:00 - 14:00
Kontak: Corinne Botha - jeug@fgk.co.za 

Elke tweede Maandag

Langtafel

'n Twee weeklikse geleentheid waar ons saam met Biko huis en Martha straat ’n ete aanbied vir die gemeente. Dis ’n tafel waar ons brue bou, ons lewens deel en saam kuier.
18:00 in die Kleinsaal
Kontak: Jaco de Witt - jaco@fgk.co.za 

Elke tweede Maandag

Gathering (Jong Volwassenes)

Hierdie is ons bediening wat toegespits is op ons jong volwassenes (19-35 jaar oud). Ons ontmoet elke tweede Maandag aand om 18:30 in die kleinsaal, meestal rondom ’n vuur. Ons bespreek boeke en vidoes wat ons kan help in ons begeerte om Jesus in die kompleksiteit van Johannesburg in die 21ste eeue te volg.
Kontak: Jaco de Witt - jaco@fgk.co.za

Weekliks op Woensdae

Gemeente-bybelstudie

Gemeentelede kom by die kerkgebou bymekaar en kuier rondom die vorige Sondag se preek. Ons bespreek en delf dieper in die gesprek.
Weekliks: Woensdae 12:00 - 13:00
Kontak: Jean Pelser (kerkkantoor) - office@fgk.co.za

Weekliks op Woensdae

Kapeldienste

Kom kuier saam in die Kapel vir 'n 20 min begeleide stiltetyd.
Weekliks Woensdae om 13:00
Kontak: Jean Pelser (kerkkantoor)
office@fgk.co.za

Elke tweede laaste Saterdag

Kospakkies vir Alexandra

Elke tweede laaste Saterdag oggend van elke maand pak ons die kospakkies van 09:00 - 10:00 by die kerkgebou. Jy hoef nie enige kos te bring nie. Die kos word bestel en by die kerk afgelaai. Kom pak saam!