'n Nuwe Hoofstuk in ons gemeente
As Fontainebleau gemeenskapskerk glo ons dat die Drie-enige God ons elkeen innooi in die lewe van God wat 'n lewe van liefde is. Hierdie lewe van liefde is die uitnodiging na die goeie lewe. Ons gemeente se logo beeld hierdie uitnodiging uit. Die drie sirkels is ‘n Triniteits simbool wat verwys na die interverweefdheid van die drie persone van die Triniteit wat in verhouding met mekaar staan en wat hulle wese in gemeen het. Die verrykende impak van ‘n verstaan van onsself as beeld van God as ons God begin as sosiaal in wese en die dinamo van lewe.
Die simbool is aangepas sodat die middelste ‘n ryker, vibrant blou is en ‘n fontein verteenwoordig. Die is in lyn met ons verstaan van God as die fontein en gewer van lewe (Joh 4).
Die drie buitenste donkerder gedeeltes verwys na die drie uitnodigings van die evangelie: uitnodigings na verhouding met God, gemeenskap en die wêreld.
Die sirkels het gapings om openheid/inklusiwiteit van die gemeente te verteenwoordig om God se eie gasvryheid te verbeeld.

Preke en Ander Hulpbronne
Die Leesrooster word gebruik om ons toerusting te gee om prakties as dissipels van Jesus te leef. Ons glo dat die Bybel ons innooi om deel te neem aan die missionale avonture van die Drie-Enige God. As gemeente is die bestudering en uitleef van die Bybel vir ons baie belangrik.
Eredienstye
Sondae om 9:00
Hoërskool erediens Sondae om 17:00 vir 17:30
Kapeldienste op Woensdae om 13:00
Hoërskool erediens Sondae om 17:00 vir 17:30
Kapeldienste op Woensdae om 13:00